Ne­ha­wu wil Tuks­o­pe­dag ont­wrig

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Be­to­gen­de wer­kers van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) wat gis­ter op die hoof­kam­pus in Hat­field be­toog het, kan die o­pe­dag wat van­dag plaas­vind, moont­lik ont­wrig.

K­ha­ya Xa­ba, woord­voer­der van Ne­ha­wu, wat die wer­kers ver­teen­woor­dig, sê hul le­de is van plan om die kam­pus heel­te­mal te sluit tot­dat daar aan hul ei­se ge­hoor ge­gee word.

“Die be­stuur sou van­mid­dag (gis­ter) weer ver­ga­der. Die kam­pus bly ge­sluit tot­dat hul­le aan ons ei­se vol­doen,” sê Xa­ba.

Be­to­gers het se­dert gis­ter­og­gend by die hoof­hek ge­sing en ge­dans.

Hul­le eis ’n sa­la­ris­ver­ho­ging van 8%, jaar­lik­se bo­nus­se en ’n be­hui­sings­toe­laag.

“Ons werk baie hard vir die men­se, maar hul­le sien ons nie raak nie. Ons is ook men­se,” sê een be­to­ger.

Die u­ni­ver­si­teit sê hy bied ’n ver­ho­ging van 7% aan, as­ook ’n een­ma­li­ge be­drag van R3 000, maar Ne­ha­wu wil niks daar­van weet nie.

Die groep het rom­mel in Lynn­wood­weg ge­strooi voor­dat die po­li­sie traan­rook ge­bruik het om hul­le uit­een te jaag. Die ska­re het toe ’n paar mi­nu­te be­daar, maar weer be­gin sing en dans.

Die u­ni­ver­si­teit se hek­ke was ge­sluit en net stu­den­te kon in­en uit­kom.

Ri­kus Del­port, UP-woord­voer­der, sê die be­to­gers het deur ’n hei­ning ge­breek om op die kam­pus te kom.

“Die po­li­sie op die to­neel het skok­gra­na­te en traan­rook af­ge­vuur om die be­to­gers uit­me­kaar te dryf. Geen be­se­rings is aan­ge­meld nie, maar drie be­to­gers is in heg­te­nis ge­neem.

“Die u­ni­ver­si­teit glo die aan­bod is re­de­lik, in ag ge­no­me die hui­di­ge e­ko­no­mie­se kli­maat en werk­ne­mers sal bo die ge­mid­del­de van die be­dryf ver­dien.

“Ons sal wel nie ons eie fi­nan- si­ë­le vol­hou­baar­heid in die ge­drang stel nie. Die u­ni­ver­si­teit re­spek­teer die wer­kers se reg om te be­toog en doen ’n be­roep op hul­le om dit bin­ne die om­vang van die wet te doen.”

Vol­gens Del­port sal klas­se soos nor­maal­weg voort­gaan.

“Die UP se ge­ske­du­leer­de o­pe­dag sal soos be­plan voort­gaan.

“Al die no­di­ge maat­re­ëls is in­ge­stel om die vei­lig­heid van al­le be­soe­kers te ver­se­ker. Die vei­lig­heid van stu­den­te, per­so­neel en be­soe­kers is vir die u­ni­ver­si­teit ’n pri­o­ri­teit en so­doen­de sal die po­li­sie ’n sterk teen­woor­dig­heid op die kam­pus hand­haaf,” sê Del­port.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Le­de van Ne­ha­wu be­toog gis­ter bui­te die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se hoof­kam­pus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.