Tuk­kies met kru plak­ka­te uit­ge­ken

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) het so­wat 12 man­stu­den­te uit­ge­ken wat be­trok­ke was by die aan­stoot­li­ke plak­ka­te wat by die u­ni­ver­si­teit se sêr­kom­pe­ti­sie ver­toon is.

’n Tug­pro­ses is aan die gang, het Ri­kus Del­port, UP­woord­voer­der, gis­ter ge­sê. Han­gen­de die uit­slag van dié pro­ses kan die stu­den­te ge­skors word.

On­der­soe­ke na die voor­val is nog nie af­ge­han­del nie.

“Die u­ni­ver­si­teit wil die pro­ses so gou as moont­lik af­han­del, maar al­mal moet reg­ver­dig be­han­del word.”

Fo­to’s van ’n uit­dun­ron­de in van­jaar se sêr-kom­pe­ti­sie wys man­stu­den­te wat plak­ka­te met kru en sek­sis­tie­se slag­spreu­ke op­hou by ’n op­tre­de deur da­mes­kos­hui­se.

’n Be­to­ging ter on­der­steu­ning van dié stu­den­te is gis­ter­og­gend op die Hat­field­kam­pus ont­wrig.

’n Vrou­e­stu­dent wat a­no­niem wil bly, sê ’n W­hat­sApp is Don­der­dag na kos­huis­stu­den­te ge­stuur om hul­le aan te moe­dig om aan die be­to­ging deel te neem.

Vroue het op die kam­pus ’n kring rond­om die man­stu­den­te ge­vorm. Lui­dens die bood­skap wou die vrou­e­stu­den­te die mans on­der­steun.

“Ons gaan ’n sir­kel om hul­le vorm om hul­le te laat weet ons steun hul­le, want ons is net so skul­dig.”

Vol­gens die stu­dent is dié be­to­ging vin­nig stop­ge­sit deur an­der vroue wat vroe­ër van­dees­week teen ver­krag­ting be­toog het.

Die eind­ron­de van die sêr­kom­pe­ti­sie is ná die plak­kaat­voor­val ge­kan­sel­leer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.