Sê hy is Fi­ki­le se in­for­mant

Beeld - - Nuus - – News24

’N­dog­ter van lt.genl. Ber­ning Nt­le­me­za, ge­skors­te Val­ke­hoof, het ’n polisielid wat aan­klag­te teen haar pa in­ge­dien het met die dood ge­dreig.

A­ne­le Nt­le­me­za, ook ’n polisielid, het Don­der­dag kapt. Boi­tu­me­lo Ra­mahlaha daar­van be­skul­dig dat hy ’n “in­for­mant” vir Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, is.

Sy het ge­sê “ons gee nie ’n f** om” oor die mi­nis­ter nie.

Dié op­roep, en dié wat daar­na ge­volg het, is op­ge­neem en aan Beeld ver­skaf.

In die op­roep sê A­ne­le aan Ra­mahlaha sy weet waar hy woon.

“Hou op om met my fa­mi­lie te mors, of ek sal al­les in my mag doen om jou te kry. Ek sal so­ver gaan as om jou dood te maak.

Ra­mahlaha vra dan: “Is jy be­reid om my vir Nt­le­me­za dood te maak?”

A­ne­le ant­woord: “Jy dink jy’s slim? Jy is ’n psi­go­tie­se m*****f****r. Jy moet siel­kun­dig ge­ë­va­lu­eer word. As ek ooit hoor dat jy my sus­ter kon­tak of be­le­dig, is jy dood. Ek sal jou dood­maak. Bel haar nou en van­dag sal jou laas­te dag wees.”

A­ne­le sê dan sy is in P­re­to­ria en wil Ra­mahlaha van aan­ge­sig tot aan­ge­sig spreek. Sy vra hoe­kom hy haar pa nie bel nie, waar­op hy sê hy het nie die te­le­foon­nom­mer nie om­dat die mi­nis­ter sy foon by hom af­ge­vat het.

“Wie is die mi­nis­ter vir ons? Jy is sy dwaas. Jy is sy in­for­mant. Dink jy ons gee ’n f** om oor hom?” sê sy.

Ra­mahlaha ant­woord: “A­ne­le Nt­le­me­za, jou pa ver­loor ’n hof­stryd en jy bel my. Jy dreig om my dood te maak. Moet mý nie dood­maak nie, ek is nie die reg­ter nie.”

In la­te­re op­roe­pe, wat al­mal op­ge­neem is, her­haal A­ne­le haar drei­ge­ment dat sy Ra­mahlaha daar­die aand wil dood­maak, be­plan om sy be­graf­nis by te woon en dat die Nt­le­me­zas deur die stra­te van P­re­to­ria ry op soek na hom.

In een van die op­roe­pe sê sy Ra­mahlaha en die mi­nis­ter is ’n “spul gek­ke” en sy daag hom uit om die op­roe­pe in die nuus­me­dia be­kend te maak. “Ek wil be­kend raak,” sê sy.

Vol­gens die pri­va­te on­der­soe­ker Paul O’Sul­li­van het Ra­mahlaha hom daar­na ge­bel en om hulp ge­vra.

O’Sul­li­van het ook be­ves­tig dat Ra­mahlaha ’n saak van in­ti­mi­da­sie en sa­me­swe­ring om moord te pleeg teen A­ne­le by die P­re­to­ria-Sen­traal-po­li­sie­kan­toor in­ge­dien het.

Toe Beeld haar kon­tak, het A­ne­le ge­sê Ra­mahlaha is nie meer ’n polisielid nie en hy be­le­dig haar sus­ter in die me­dia. Die op­roep is be­ëin­dig toe sy ge­vra is of sy steeds vir die po­li­sie werk.

Ra­mahlaha wou nie kom­men­taar le­wer nie.

M­ba­lu­la sê hy weet nie van Ra­mahlaha nie, ook nie van die sa­ke wat deur Ra­mahlaha teen Nt­le­me­za aan­han­gig ge­maak is of dat Ra­mahlaha daar­na ge­skors is nie.

M­ba­lu­la sê hy het niks per­soon­liks teen Nt­le­me­za nie.

“Dit gaan daar­oor dat ek my werk doen en uit­voer wat die wet ver­eis. Ek staan by my be­sluit.”

Fo­to: LUCKY NXUMALO

Lt.genl. Ber­ning Nt­le­me­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.