Oud­Valk het nog g’n moed ver­loor vir SA

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Daar is steeds baie po­li­sie­le­de wat die reg­te ding wil doen, glo genl.maj. Jo­han Booy­sen, voor­ma­li­ge hoof van die Val­ke in K­waZu­lu-Na­tal.

Hy het gis­ter op die Fransch­hoek Li­te­rê­re Fees oor die boek B­lood on T­heir Hands: Ge­ne­ral Jo­han Booy­sen Re­veals His Truth, deur Jes­si­ca Pit­chford, ge­praat.

“Daar is baie eer­li­ke po­li­sie­be­amp­tes wat steeds hul werk wil doen, ver­al op voet­sool­vlak,” sê Booy­sen.

“Die pro­bleem is by die mid­del­be­stuur en dat men­se aan­ge­stel word wat nie hul werk kan doen nie.

“Die groot­ste mis­luk­king is die in­plof­fing van mis­daad­in­tel­li­gen­sie, wat oor­ge­neem is deur men­se wat be­si­ger is om mis­daad te pleeg as om mis­daad op te los. Daar is men­se wat wel die werk wil doen, maar on­ge­luk­kig is die mees­te on­be­voeg of werk met a­gen­das.”

Hy werk nou, soos die voor­ma­li­ge staats­ad­vo­kaat Ger­rie Nel, in die pri­va­te sek­tor. “Ons het meer Ger­rie Nels no­dig en hul­le ís daar,” sê Booy­sen.

“Ons moet be­trok­ke raak en ak­tie­we by­dra­ers word om nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies, soos die He­len Suz­man-stig­ting en F­ree­dom Un­der Law, te on­der­steun, want dit is baie duur om te li­ti­geer en ons word deur li­ti­ga­sie ge­re­geer.”

Booy­sen sê hy het vol­le ver­troue in die Suid-A­fri­kaan­se reg­stel­sel.

“Ons het die skei­ding van die staat en die reg­bank. Do­nald Trump (A­me­ri­kaan­se pre­si­dent) het die hoof van die FBI af­ge­dank wat hom on­der­soek het, maar ons het ’n Grond­wet wat hier­die kwes­sies kan han­teer. Ek het vol­le ver­troue in ons reg­stel­sel en ver­al die ap­pèl­hof en die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof.”

En ten spy­te van die po­li­tie­ke mag­spel in mis­daad­in­tel­li­gen­sie wat Booy­sen sy pos ge­kos het, het hy nie moed ver­loor vir Suid-A­fri­ka nie.

“Ek sal nie in Eu­ro­pa wil wees nie. Eu­ro­pa is in ’n ge­mors; die Mid­de-Oos­te is in ’n ge­mors; en dan het ons vir Trump . . . Ek is trots Suid-A­fri­kaans. Ons moet dit hier laat slaag, ons kan dit laat slaag.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.