31 ly­ke al uit diep skag ge­haal

On­wet­ti­ge del­wers vas­ge­trek

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

Nog t­wee ly­ke van on­wet­ti­ge del­wers (za­ma-za­mas) is gis­ter uit die E­land­skag bui­te Wel­kom ge­haal. Dit bring die do­de­tal ná ver­le­de Don­der­dag se on­der­grond­se ont­plof­fing op 31 te staan.

Kol. T­han­di M­bam­bo, po­li­sie­woord­voer­der, sê nog 16 za­ma­za­mas is gis­ter in heg­te­nis ge­neem. Tot nou is 27 reeds ge­ar­res­teer.

Me­taan­gas­ont­plof­fings kom ge­reeld in die E­land­skag voor.

Die myn se vei­lig­heids­diens het Maan­dag op die erg ont­bin­de ly­ke af­ge­kom en die po­li­sie ont­bied.

Die Ka­mer van Myn­we­se het gis­ter ge­sê: “Die E­land­skag-tra­ge­die is ’n ver­skrik­li­ke her­in­ne­ring aan die ge­va­re van on­ge­re­gu­leer­de, on­wet­ti­ge myn­bou­be­dry­wig­he­de.”

Mi­ke Te­ke, pre­si­dent van die ka­mer, het sy mee­ge­voel met die fa­mi­lies en vrien­de van die oor­le­de­nes be­tuig.

“On­wet­ti­ge del­we­ry in sul­ke diep skag­te (die E­land­skag is tot 3 000 m diep) son­der die no­di­ge vei­lig­heids­maat­re­ëls is baie ge- vaar­lik en kan on­ge­luk­kig tot die dood lei.”

Hy sê myn­maat­skap­pye doen groot moei­te om skag­te wat nie meer ge­bruik word nie, te be­vei­lig, soos wat met die E­land­skag ge­doen is. Al­le toe­gangs­pun­te is ge­sluit.

On­wet­ti­ge del­wers wat skag­te oop dwing, is ’n deur­lo­pen­de uit­da­ging, lui die ver­kla­ring.

“On­wet­ti­ge myn­bou – waar­van ho­ë­vlak- en in­ter­na­si­o­na­le sin­di­ka­te dik­wels die ver­naam­ste be­guns­tig­des is – is ook ’n deur­lo­pen­de uit­da­ging vir maat- skap­pye, die re­ge­ring, die po­li­sie en ge­meen­skap­pe.

“Die Ka­mer van Myn­we­se er­ken ar­moe­de en die ge­brek aan al­ter­na­tie­we ge­leent­he­de is dik­wels die re­de vir on­wet­ti­ge myn­bou­be­dry­wig­he­de en dat baie meer ge­doen moet word om ge­meen­skap­pe te laat deel in die voor­de­le van wet­ti­ge myn­bou.”

M­bam­bo sê die ly­ke sal gei­den­ti­fi­seer en na naas­be­staan­des ge­neem word.

“Die po­li­sie sal be­slis on­der­soek in­stel of daar nog on­wet­ti­ge del­wers in die om­ge­wing is.”

Die po­li­sie soek na nog ly­ke in die E­land­skag na­by Wel­kom ná ’n ont­plof­fing ver­le­de Don­der­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.