GM­be­sluit ‘nie oor e­ko­no­mie­se, po­li­tie­ke oor­we­gings’

Beeld - - Nuus -

Ge­ne­ral Mo­tors (GM) het gis­ter ont­ken sy be­sluit om aan SuidA­fri­ka te ont­trek, is deur die on­lang­se af­gra­de­ring van die land deur gra­de­rings­a­gent­skap­pe be­in­vloed.

Sy be­sluit vorm deel van die groep se wê­reld­wye ra­si­o­na­li­se-ring­stra­te­gie.

“Dit is nie be­ïn­vloed deur plaas­li­ke e­ko­no­mie­se of po­li­tie­ke oor­we­gings nie,” het die voer­tuig­ver­vaar­di­ger in ’n ver- kla­ring ge­sê.

GM het eer­gis­ter aan­ge­kon­dig I­su­zu sal sy aan­leg in Port E­li­za­beth en GM se min­der­heids­be­lang van 30% in I­su­zu Truck Suid-A­fri­ka koop. I­su­zu sal ook GM se on­der­de­le­ver­sprei­ding­sen­trum en voer­tuig-om­bou-en­ver­sprei­ding­sen­trum in Port E­li­za­beth oor­neem en sy eie han­de­laars­net­werk in die land uit­brei.

So­wat 1 500 men­se kan daar- deur hul werk ver­loor.

Vak­bon­de het die be­sluit ver­oor­deel.

Ir­vin Jim, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die me­taal­wer­kers­vak­bond Num­sa, het ge­sê hul­le is glad nie ge­kon­sul­teer nie.

Die be­sluit gaan nie net wer­kers raak wat reg­streeks by die ver­vaar­di­ging van C­hev­ro­let­voer­tuie be­trok­ke is nie, maar ook men­se ver­der af in die waar­de­ket­ting, het hy ge­sê.

Ei­e­naars van C­hev­ro­let-voer­tuie, wat hier deur GM ver­sprei word, sal steeds tot die ein­de van die jaar deur die be­staan­de net­werk van GM-han­de­laars on­der­steun word. Al­le be­staan­de ver­sie­nings­plan­ne en waar­bor­ge sal van toe­pas­sing bly en ook ná 2017 steeds geld.

Van vol­gen­de jaar af sal I­su­zu se nu­we net­werk van 90 han­de­laars steun aan dié voer­tui­g­ei­e­naars bied.

On­der­de­le sal steeds be­skik­baar wees vir C­hev­ro­let-voer­tuie na­dat I­su­zu die be­dry­wig­he­de oor­ge­neem en dié han­dels­merk se ver­vaar­di­ging plaas­lik ge­staak is. On­der­de­le sal vir tien jaar be­skik­baar bly. ) Vir nog in­lig­ting oor die pro­ses vo­ren­toe vir voer­tui­g­ei­e­naars, be­soek GMSA se web­tuis­te of kon­tak die in­bel­sen­trum by 0800 422 777.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.