Dit leer die He­re my oor suk­ses

Beeld - - Kommentaar -

) My suk­ses is nooit ge­lyk aan jou mis­luk­king nie. En jou mis­luk­king is nooit my oor­win­ning nie. Ek is reg­tig bly wan­neer jy suk­ses be­leef om­dat ek al­tyd die bes­te van jou glo en hoop soos wat 1 Ko­rin­ti­ërs 13 leer. Nooit wen ek ten kos­te van jou nie, maar saam met jou. Nooit dwing ek my­self tot bo-op op jou skou­ers nie. Maar ek maak graag plek vir jou op my­ne! ) Ek ver­ge­lyk my bes­te nooit met jou swak­ste nie. Ek kan dalk een of t­wee din­ge doen wat jy nog nie baas­ge­raak het nie. Maar ek ver­ge­lyk dit nooit met jou te­kor­te op hier­die ter­rein nie. Ek weet God hou nie van sul­ke ver­ge­ly­kings nie. Wie ek is en wat ek reg doen, is s­legs aan sy ge­na­de te dan­ke. Dit geld ook van jou. Daar­om staak ek al­le on­bil­li­ke ver­ge­ly­kings met jou. ) Ek gee er­ken­ning vir die mooi din­ge wat ek in jou le­we raak­sien. Ek is nie ’n fyn­ken­ner van al­les wat ver­keerd is met jou nie, maar ’n con­nois­seur van God se ge­na­de­wer­ke. Daar­om gee ek graag er­ken­ning daar­voor. Nee, ek smeer nie heu­ning om jou mond nie, maar bou jou op deur te praat wan­neer ek die vrug­te raak­sien wat God in jou le­we laat vorm aan­neem. Ook praat ek tus­sen an­der men­se mooi oor jou, soos wat die Nu­we Te­sta­ment my leer. Só wen jy en ek saam tot eer van God. Só ge­beur suk­ses op ons speel­veld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.