M­si­man­ga gee my hoop

Beeld - - Kommentaar - Han­no den Boer, Riet­val­lei­rand

As stoe­re VF Plus-on­der­steu­ner het ek ge­woon­lik nie veel goeie woor­de vir die DA nie.

Tog wil ek die DA ge­luk­wens met sy keu­se van Sol­ly M­si­man­ga as bur­ge­mees­ter. Tus­sen al die sleg­te nuus is die be­rig­te oor mnr. M­si­man­ga al­tyd die sil­wer rand van die don­ker wolk. Hy praat nie net van in­klu­si­wi­teit” nie, maar leef dit ook uit: Daar is weer plek vir die A­fri­ka­ner se er­fe­nis in P­re­to­ria.

Geen diens is ooit be­ne­de hom nie en al­les wat hy doen, is vir die voor­deel van die stad. Vir hom is dit dui­de­lik nie net ’n werk nie, maar ’n roe­ping. Nog nooit het mnr. M­si­man­ga die slag­of­fer­kaart ge­speel nie, want hy is ie­mand wat ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar. As hy ’n merk­ba­re ver­skil kan maak in die towns­hips, kan ons met reg uit­sien na die lang be­loof­de keer­punt in 2019.

Dan­kie, mnr. M­si­man­ga: Jy gee my hoop dat SuidA­fri­ka tog nog ’n blink toe­koms kan hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.