Net­werk24 se ver­slag­ge­wer in Ge­or­ge, ont­hou die dag – van­dag pre­sies 34 jaar ge­le­de – waar­op die Kerk­straat­bom in P­re­to­ria ont­plof het.

Beeld - - By -

Op ’n Vry­dag­mid­dag loop ek ’n paar mi­nu­te vroe­ër. Ek voel nie skul­dig nie. Ek is im­mers teen my sin hier.

Ek is met ver­plig­te mi­li­tê­re diens be­sig. Dit is nie al­dag mak­lik nie, maar daar is ’n “Rooi Ge­vaar”en kom­mu­nis­te moet teen­ge­staan word.

Soos baie van my wit tyd­ge­no­te glo ek PW Bo­tha en die NP praat die waar­heid. Ons bring ons kant in die groot stryd teen die Sow­jet­u­nie se “bo­se” plan­ne.

Ek stap in die gang af op die 17de ver­die­ping van die Poyn­ton-ge­bou.

Ek gaan my nou-nou aan­sluit by my pa, wat in sy mo­tor hier na­by wag. Hy is vir sa­ke in P­re­to­ria en ek gaan saam met hom Jo­han­nes­burg toe ry.

In die gang is an­der diens­plig­ti­ges as­ook staan­de­mag­le­de wat soos ek be­sluit het om ’n bie­tjie vroe­ër te loop. Al­mal se lig­gaams­taal is die­self­de: Dit is Vry­dag­mid­dag en die na­week is hier!

Dan is daar ’n oor­ver­do­wen­de slag. Ek het nog nooit so ’n har­de slag ge­hoor nie.

“Lug­mag-HK is ge­tref,” skreeu ’n staan­de­mag­lid. Ons ruk die kan­toor­deu­re oop. Die gor­dy­ne waai lig­gies in die laat­mid­dag-P­re­to­ria-wind­jie.

’n Oom­blik voel dit skie­lik rus­tig – on­werk­lik ná die har­de slag. Maar dan is daar die sig­ba­re werk­lik­heid van ge­breek­te rui­te.

Ek kyk deur die o­pe­nin­ge. Ver on­der in Kerk­straat, daar voor die lug­mag­hoof­kwar­tier oor­kant die pad, trek rook.

Ek hard­loop te­rug gang toe. Hier moet ek uit, en som­mer vin­nig. Dit is 17 ver­die­pings in die lug.

Dit is cha­os. Ran­ge speel nie nou ’n rol nie. Ek klim in ’n hy­ser, en saam met an­der weer­mag­per­so­neel­le­de en diens­plig­ti­ges ry ons na on­der.

Die deur gaan oop. Dit lyk of ie­mand bot­tels, bot­tels en nog­maals bot­tels ge­breek het. Dit is net glas­stuk­ke waar jy kyk. My skoen­so­le kraak op die glas­ta­pyt wat in die voor­por­taal van die Poyn­ton-ge­bou lê.

Dit voel as­of ek na ’n rol­prent kyk, maar ek sit nie. Ek kyk en loop vin­nig, maar is ver­sig­tig. Ek moet nie nou gly en val nie. Dit was se­ker ’n bom. En sê nou hier is nog een?

In Kerk­straat heers cha­os. Nood­voer­tuie se si­re­nes lui en daar is ’n ge­skreeu en ’n ge­hard­loop. Daar is be­bloe­de men­se.

Op die hoek van Kerk­straat, aan die wes­te­kant, gaan staan ek am­per stil. Op die sy­paad­jie lê ’n vrou. Haar lig­gaam ruk, en haar arms gryp na iets. Sy is vol bloed – haar kle­re is nie eens sig­baar nie. Ek voel lig­hoof­dig.

Ek voel nie “hier” nie. Die la­waai ver­doof. Van nood­hulp weet ek nie veel nie.

Al­mal word aan­ge­jaag om na die oor­kant van die pad te be­weeg. Ek be­weeg saam.

Dan sien ek my pa. Hy lyk ver­lig. Ons stap na sy mo­tor. Ge­woon­lik is die ver­keer op ’n Vry­dag­mid­dag in P­re­to­ria se mid­de­stad ’n uit­da­ging. Van­mid­dag is dit ’n gróót uit­da­ging. Men­se wil hier uit.

In die mo­tor praat en be­spie­gel ons. Eers die aand en in die we­ke daar­na word din­ge dui­de­lik. Al­te­saam 19 men­se het ge­sterf en 217 is be­seer.

Ja­re la­ter word nog meer din­ge dui­de­lik. Die bom het tien mi­nu­te te vroeg af­ge­gaan. Die ont­plof­fing is deur Umk­hon­to we Si­z­we, die mi­li­tê­re vleu­el van die ANC, ge­plant.

Van­dag, 20 Mei 2017, is dit 34 jaar ge­le­de dat die bom ont­plof het. En soos dik­wels ná al die ja­re dink ek te­rug aan daar­die mid­dag – nie net aan die fi­sie­ke ge­beu­re nie, maar ook aan hoe die tye ver­an­der het.

Die Sow­jet­u­nie be­staan nie meer nie en die ANC, wat des­tyds die “vy­and” was, is nou die re­ge­ring.

Ek dink ook soms te­rug aan ’n an­der ge­beur­te­nis ’n klomp ja­re ná die bom­ont­plof­fing wat ek mee­ge­maak het.

Ek is in Mo­s­kou. Saam met an­der joer­na­lis­te doen ek ver­slag oor adj.pres. T­ha­bo M­be­ki se be­soek aan Rus­land. Dit is Maan­dag­og­gend. Dit sneeu­re­ën en is baie koud.

M­be­ki lê krans by ’n muur van die K­rem­lin. Die lan­de se volks­lie­de­re word ge­speel. Ook ’n deel van “Die Stem”, as deel van Suid-A­fri­ka se volks­lied, word ge­speel.

My oë is nat, maar dit is nie net van die sneeu­re­ën nie.

As ek nou daar­aan te­rug­dink, weet ek dat ek in my wild­ste dro­me, ver­al nie ná 20 Mei 1983, sou dink dat ek een­dag by die K­rem­lin sal staan saam met ’n ANC-hoog­ge­plaas­te wat die naas­be­lang­rik­ste po­li­tie­ke pos in die land be­klee ter­wyl ’n deel van “Die Stem” ge­speel word nie.

Een van die din­ge wat ek in my le­we ge­leer het is: Ge­bruik die woord “nooit” maar spaar­sa­mig.

Din­ge het ver­an­der, en dit ver­an­der steeds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.