Dié ste­wels sal jou dra

Beeld - - By -

Wan­neer die kwik tot hier na­by vries­punt daal, soos vroe­ër die week in Jo­han­nes­burg, dra ek graag my weer­mag­ste­wels.

Van die vier paar wat des­tyds in die 80’s in Kim­ber­ley aan ons uit­ge­reik is (t­wee paar com­bat en t­wee paar drill boots), het een paar ver­ge­te in ’n groen trom­mel in die ga­ra­ge bly lê en stof ver­ga­der.

Dit was juis met só ’n cold snap toe ons in 2000 hier in Jo­han­nes­burg aan­ge­kom het dat ek weer be­sef het die ar­my boots, my oor­bly­wen­de paar drill boots, is fan­tas­ties in die gu­re weer.

Met die no­di­ge ver­stel­lings (bin­ne­so­le, be­hoor­li­ke stap­sok­kies, en­so­voorts) kon jy let­ter­lik met dié ste­wels oor­log toe gaan. En as groen­tjie­joer­na­lis op ’n mis­daad­to­neel of ge­du­ren­de ’n op­tog wan­neer die rub­ber­koe­ëls om jou kop klap, het daai ste­wels jou ge­dra.

Maar die ste­wels kom na­tuur­lik met sy eie ge­skie­de­nis, sy eie her­in­ne­rin­ge . . .

Een hier­van was toe ek as jong lui­te­nant ’n jaar lank on­der die be­vel van, ek moet se­ker sê ge­vrees­de, kol. Wel­ge­moed was. In die tyd toe ek die voor­reg ge­had het om saam met Wel­ge­moed te werk, was hy die be­vel­voer­der by Groep 2 Hoof­kwar­tier in Wor­ces­ter.

Hoe­wel ek en ’n klein groe­pie in­lig­tings­of­fi­sie­re ons bes pro- beer het om on­der die Be­sem­snor se voe­te uit te bly, het ons van tyd tot tyd be­hoor­lik kop­pe ge­stamp.

Ek dink nie ’n mens kan die we­der­syd­se weer­sin eers as ge­moe­de­lik be­skryf nie. Hy het ge­dink ons is meest­al u­se­less (wat waar­skyn­lik die ge­val was), en ons het ge­dink wat e­ni­ge S­nuf­fel Tif­fy van Bok­kop­pe ge­dink het . . .

Nou, Wel­ge­moed was ’n ge­sou­te en ge­har­de sol­daat wat “S­nuf­fel Tiff­ys vir brek­fis ge­ëet het”, en was vroe­ër die be­vel­voer­der van 101 Ba­tal­jon in Na­mi­bië (tóé nog na­tuur­lik Suid­wes-A­fri­ka).

Be­ne­wens ons hou­ding wat hom na­tuur­lik glad nie aan­ge­staan het nie, het ek al­tyd ge­dink hy was ge­frus­treerd in dié bui­te­pos, dié ge­moe­de­lik lo­ka­le re­a­lis­me van Groep 2 waar hy sol­daat moes speel.

Groep 2 . . . “S­proet­jies, lief­ling”.

Daar was na­tuur­lik an­der re­des ook hoe­kom Wel­ge­moed hom juis in Wor­ces­ter be­vind het . . . maar dié was van ’n meer ’n per­soon­li­ke aard.

Hoe ook al, so­wat drie maan­de on­der die “sorg” van Be­sem­snor, be­sluit hy ge­noeg is ge­noeg: Die GSM (groep­sam­ma­joor) word met die taak be­las om ons reg te kry vir ’n roe­te­mars in Wor­ces­ter se ber­ge.

Die S­nuf­fel Tiff­ys gaan ’n opf*k kry dat hul­le luis­ter!

Wat Be­sem­snor nie ge­weet het nie was dat ek mál was oor stap. Oor na­we­ke het ek dik­wels ’n rug­sak ge­pak en let­ter­lik dae lank in daai ein­ste ber­ge ver­dwyn.

Wat hy ook nie kon ge­weet het nie, was dat Lie­zl, ’n mei­sie van die Swart­land met wie ek des­tyds uit­ge­gaan het, op die­self­de na­week as die roe­te­mars be­sluit het om my met ’n kui­er te ver­ras. Am­per saam-saam kom Lie­zl en die GSM by ons ba­rak­ke aan: S­kets: HAN­LIE MA­LAN die GSM om ons op­sluit ber­ge toe te jaag, en Lie­zl vir heel­te- mal an­der re­des (geen vroue mog na­tuur­lik in die ba­rak­ke tuis­gaan nie).

’n An­der pro­bleem vir die oe­fe­ning was dat die Groep nie ge­noeg man­ne­krag ge­had het om die pro­ses­sie be­hoor­lik dop te hou nie.

Die GSM en die ko­lo­nel was gees­drif­tig aan ’t mor in die een Jeep, ter­wyl ’n an­der ser­sant­ma­joor in nog ’n ar­my Jeep ons vor­de­ring sou mo­ni­tor.

Maar vreemd ge­noeg het al­mal van Lie­zl ver­geet. Sy’s mos na­tuur­lik stert tus­sen die be­ne en bek­af huis toe?

Lie­zl het haar he­le week rond­om dié kui­er uit­ge­werk en was be­slis nie van plan om bes te gee nie.

Te voet in die teer­pad uit Wor­ces­ter op pad ber­ge toe, ry ’n geel VW Ke­wer sta­dig langs my. “Hey Jo, w­he­re you goin’ with that gun?” vra Lie­zl deur die ven­ster en lag. Sy laat weet sy ry so­lank in die rig­ting wat ons stap en sal so el­ke tien ki­lo­me­ter vir ons “iets” los.

Die eer­ste tien, twin­tig ki­lo’s of so word ons fyn dop­ge­hou, maar al­mal stap fluks en dís nie juis die uit­wer­king wat Be­sem­snor en kie in ge­dag­te ge­had het nie. Dan ver­dwyn die een Jeep. En ons kry ons eer­ste Lie­zl­pak­kie: som­mer­so langs die voet­paad­jie in C­hec­kers-sak­ke lê drie ys­koue six-packs Cas­t­le.

Die bier ver­dwyn in ’n oog­wink ter­wyl ons so half oor ons skou­ers loer.

Dan kom die klank van ’n Jeep die skuins­te op, ons stap ge­maak moe­rig ver­der, swets ten he­me­le en lag on­der­langs, want ons weet Lie­zl en haar pak­kies is ons voor­uit.

Ja, ou Be­sem­snor het ons ’n be­hoor­li­ke les ge­leer.

“The­se boots we­re ma­de for wal­kin’ . . .”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.