Ek wil die heel­al leer ken op my ‘blu­e­bi­rd’

Beeld - - By -

So. Ek hou daar­van om te skryf oor iets wat ek ob­ser­veer en/of in my le­we ge­beur. En daar is ál­tyd iets – het­sy klein of groot – wat ’n in­spi­ra­sie is.

Maar hier­die week weet ek net nie. Daar­om het ek be­sluit: Eer­lik­heid is die bes­te ge­weer.

En ho­pe­lik sal nie­mand my oor­deel nie. So: Lie­we le­ser, Ek weet waar­ag­tig nie waar­oor om te skryf nie. Die wit blad­sy staar na my en die mi­nu­te tik om na die sper­tyd om my ru­briek in te gee. My angs­vlak­ke styg . . .

Ek kan oor my ver­jaar­dag skryf?

Oor vriend­skap en ou­er word. Oor hoe my lie­we vrien­din­ne vir my ’n ou “vin­ta­ge” trap­fiets ge­koop het. Dit het wel nie rat­te nie (ek weet nie hoe ek die bul­te gaan op­kom nie).

En jy moet nog ag­ter­toe trap om te rem – ont­hou jy daais? Maar dit het die ou­lik­ste lig­gie voor­op. En daar­by is dit blou. Soos my eer­ste fiets in graad 1 – my blu­e­bi­rd of hap­pi­ness.

En op my 42ste ver­jaar­dag het ek weer een. En dalk was Doug­las A­dams reg toe hy ge­skryf het in sy skreeu­snaak­se The Hit­chhi­ker’s Gui­de to the Ga­laxy. Dalk ís 42 reg­tig die ant­woord op Li­fe, the U­ni­ver­se and E­ver­y­thing.

Dalk sal ek uit­vind op my “blu­e­bi­rd of hap­pi­ness” ter­wyl ek die heu­wel­ag­ti­ge buurt ver­ken – son­der rat­te.

Of ek kan skryf oor die 28 bou­ers wat ’n man ge­red het ter­wyl hy in ’n mo­tor­ka­ping be­trok­ke was?

Oor hoe ál­le Suid-A­fri­ka­ners moeg is vir mis­daad. En hoe won­der­lik dit is wan­neer ons ge­wo­ne men­se saam­staan.

Want ja, daar ís po­si­tie­we nuus in hier­die merk­waar­di­ge land van ons.

Of ek kan skryf oor G­re­tha Wi­id. Oor hoe een mens so­veel an­der die har­nas kan in­jaag – my­self in­kluis.

Moet my nie ver­keerd ver­staan nie, ek is on­der die voor­stes wat vry­heid van spraak eer­bie­dig. Dís waar­voor ons so lank ba­klei het, dan nie? Van ons men­se het met hul le­we daar­voor ge­boet.

En van­dag het ons een van die mees de­mo­kra­tie­se grond­wet­te in die wê­reld. In­der­daad iets om op trots te wees.

Maar saam met vry­heid van spraak kom groot ver­ant­woor­de­lik­heid, dan nie? So­dra jou ge­drag an­der men­se seer­maak of ver­ne­der, is dit on­ver­ant­woor­de­lik. So­veel te meer as dit we­ten­skap­lik en fei­te­lik on­ge­grond is. Dit ver­oor­saak on­her- roep­li­ke ska­de.

Maar nou ek skryf oor my ob­ser­va­sie oor ons mens­li­ke ge­drag. Ge­ïn­spi­reer deur mod­der­gooi­e­ry. Of nee, eer­der on­ge­ïn­spi­reer daar­deur.

Want ek ver­staan nie hoe ons me­kaar so kan sleg­sê nie. Want op die ou end maak dit dan nie saak aan wat­ter kant van die draad jy is nie. Maak nie saak of jy vír of téén Wi­id is nie. Ver­ne­de­ring is ver­ne­de­ring. Sleg­sê is sleg­sê.

Ek wil nie ver­der daar­oor skryf nie. Want luis­ter ons ooit? Na me­kaar? Want ek is moeg.

Ek wil eer­der op my blu­e­bi­rd of hap­pi­ness klim en die heu­wel­ag­ti­ge heel­al leer ken.

Want by die vol­gen­de heu­wel is daar af­draand.

Waar ek nie rat­te no­dig het nie.

En ek weet dis vol in­spi­ra­sie.

@An­toi­net­teLouw1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.