Cy­ril spring uit­ein­de­lik weg

Ná ’n trae be­gin loop adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se veld­tog om pre­si­dent van die ANC te word, nou op al­le si­lin­ders, skryf Mahlat­se Gal­lens.

Beeld - - By - Mahlat­se Gal­lens is News24 se po­li­tie­ke re­dak­teur.

Net t­wee maan­de ge­le­de het adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se veld­tog ho­pe­loos ge­lyk na­dat sy teen­stan­der vir die ANC-pre­si­dent­skap, dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, van die A­fri­ka-U­nie te­rug­ge­keer en haar veld­tog op ’n ga­lop af­ge­skop het.

Haar s­pan het baie ge­or­ga­ni­seerd en vas­be­slo­te ge­lyk. Ra­map­ho­sa was die een wat be­slui­te­loos voor­ge­kom het.

Maar ná sy toe­spraak op 24 A­pril in Port E­li­za­beth waar­in hy pres. Ja­cob Zu­ma uit­ge­daag het, het sy veld­tog vin­nig vorm aan­ge­neem.

Ra­map­ho­sa het in Port E­li­za­beth aan­ge­dring op ’n ge­reg­te­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek na be­we­rings van staat­skaping en Zu­ma so­doen­de ge­waar­sku hy sal on­der­soek na hom laat doen as hy pre­si­dent sou word.

Zu­ma wil hê die staat­skapings­ver­slag waar­in T­hu­li Ma­don­se­la, die vo­ri­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, ’n ge­reg­te­li­ke on­der­soek vra, moet her­sien word.

Se­dert­dien het Ra­map­ho­sa die land saam met sy steun­wer­wers deur­kruis.

Hy het on­der­neem om al ne­ge pro­vin­sies voor die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie in Ju­nie te be­soek.

Ver­le­de na­week het hy ’n klein, maar be­lang­ri­ke mo­re­le hup­stoot van die Noord-Kaap­se ANC ge­kry.

Dit is die klein­ste van die ANC-pro­vin­sies en het net so­wat 5% van die stem­ge­reg­tig­de af­ge­vaar­dig­des, maar dit is die eer­ste wat hom op sy pro­vin­si­a­le kon­gres ge­steun het.

Die nuut ver­ko­se pro­vin­si­a­le lei­ers het ge­spog al is hul­le klein, het hul­le nog al­tyd ’n wen­ner ge­steun.

Ter­wyl al­ler­weë ver­wag is dat Ra­map­ho­sa die steun van af­ge­vaar­dig­des van pro­vin­sies soos die Noord- en Wes-Kaap sou kry, kry Dla­mi­ni-Zu­ma steun van die pro­vin­sies wat tot op die ein­de lo­jaal aan Zu­ma ge­bly het: Noord­wes, K­waZu­lu-Na­tal, die Vry­staat en M­pu­ma­lan­ga.

Maar Ra­map­ho­sa sal ook na ver­wag­ting ’n deel van die steun kry van streeklei­ers wat nie te­vre­de met die voor­sit­ters van die “p­re­mier­liga”-pro­vin­sies is nie.

Nog nie een van die ANC se struk­tu­re in K­waZu­lu-Na­tal het hul steun aan Ra­map­ho­sa toe­ge­sê nie, maar sy be­soek aan die S­hem­be-kerk, wat op TV uit­ge­saai is, as­ook sy veld­tog­voe­ring voor die N­qut­hu-tus­sen­ver­kie­sings dui daar­op dat sy steun­wer­wers op die grond be­dry­wig is.

Hul­le maak daar­op aan­spraak dat tot 40% van die K­waZu­luNa­tal­se af­ge­vaar­dig­des Ra­map­ho­sa op die ANC-kon­fe­ren­sie sal steun en dat hul­le net stil­bly om te ver­se­ker hul­le word nie voor die ou­dits van die lys van af­ge­vaar­dig­des ver­wy­der nie.

In die Vry­staat wil die “twee­de re­gi­me­ver­an­de­ring”-groe­pe­ring die pre­mier, Ace Ma­gas­hu­le, as pro­vin­si­a­le voor­sit­ter ont­se­tel.

T­ha­bo Ma­nyo­ni, Ma­gas­hu­le se ad­junk­voor­sit­ter, se be­dan­king as par­le­ments­lid was ’n te­ken dat dié veld­tog van rat ver­wis­sel het.

Die uit­jou­e­ry van Zu­ma by Co­sa­tu se Mei­dag-vie­rin­ge in Man­gaung het ook stu­krag aan hier­die groe­pe­ring ver­leen.

In­te­res­sant ge­noeg moet Dla­mi­ni-Zu­ma nog ’n groot veld­tog in M­pu­ma­lan­ga voer te mid­de van praat­jies dat Da­vid Ma­bu­za, pre­mier, erns­tig met die Ra­map­ho­sa-kamp oor ’n pos in die top­ses on­der­han­del.

Toe Ra­map­ho­sa van “een ANC-lei­steen” ge­praat het, het hy dalk daar­op ge­sin­speel dat ge­sprek­ke ge­voer word met men­se wat as sy op­po­nen­te be­skou word.

Ma­bu­za, wat hom as ’n ver­e­ni­ger voor­hou, is glo be­kom­merd oor die toe­koms van die ANC as ’n re­ge­ren­de par­ty as Dla­mi­ni-Zu­ma die re­sies wen.

Haar heg­te ver­hou­ding met Zu­ma word dalk in die ANC ver­duur en kan haar die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie help wen, maar om­dat die ne­ga­tief­ste ge­voe­lens jeens ’n pre­si­dent se­dert de­mo­kra­ti­se­ring Zu­ma in die ge­sig staar, loop e­nig­een na aan hom die ri­si­ko dat die par­ty ver­der by die 2019-stem­bus­se ge­straf sal word.

Dla­mi­ni-Zu­ma se aand- en og­gend­praat­jies oor haar eks kom skyn­baar ook nie oor­een nie. Sy het The S­tar ver­le­de Maan­dag mee­ge­deel “sy is haar eie vrou”, net om dae la­ter ’n ver­hoog met Zu­ma in Bul­wer in K­waZu­lu-Na­tal te deel.

Hy het sy steun o­pen­lik aan haar toe­ge­sê en daar­deur hul “po­li­tie­ke hu­we­lik” ver­sterk.

Lim­po­po gaan na ver­wag­ting ver­deel wees, en al­bei kan­te maak op die oor­hand aan­spraak.

Maar die streeks­ver­kie­sings- kon­fe­ren­sies wat vir vroe­ër van­jaar be­plan is, moet nog plaas­vind en sal ’n aan­dui­ding gee van die rig­ting waar­in die wind waai.

Gau­teng sal Ra­map­ho­sa steun, maar Dla­mi­ni-Zu­ma sal waar­skyn­lik die steun van die E­kur­hu­le­ni-af­ge­vaar­dig­des kry as M­z­wan­di­le Ma­si­na, bur­ge­mees­ter en streeks­voor­sit­ter, die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie oor­leef wat vir Au­gus­tus be­plan word.

Ra­map­ho­sa is nou amp­te­lik die al­li­an­sie­ven­no­te se kan­di­daat na­dat die vier­de ven­noot van die al­li­an­sie, die South A­fri­can Na­ti­o­nal Ci­vic Or­ga­ni­sa­ti­on (San­co), aan­ge­kon­dig het hy gaan hom steun.

Om­dat sy in­vloed iet­wat af­ge­neem het en dit on­be­kend is hoe­veel van sy le­de ver­kies­ba­re ANC-af­ge­vaar­dig­des op die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in De­sem- ber gaan wees, neem nie­mand San­co erns­tig op nie. Maar hy het die hoof­op­skrif­te ge­haal, wat by­dra tot die siel­kun­di­ge oor­log­voe­ring wat in die me­dia af­speel.

Ra­map­ho­sa se veld­tog­stra­te­gie is om hom voor te hou as die een wat al­les sal reg­tim­mer wat met die ANC fout is en ’n moont­li­ke ANC-ne­der­laag in 2019 sal voor­kom ná die ag­ter­uit­gang in die 2016-ver­kie­sings.

Ra­map­ho­sa is so erns­tig oor die top­pos dat hy selfs die kwes­sie aan­ge­pak het wat som­mi­ge re­ken ’n strui­kel­blok vir sy am­bi­sies is: die Ma­ri­ka­na-slag­ting. Hy is voor­ne­mens om die we­du­wees van die myn­wer­kers wat dood­ge­maak is, per­soon­lik om ver­sko­ning te vra.

Dit gaan nie ’n mak­li­ke taak wees nie. Maar as som­mi­ge sy ver­sko­ning aan­vaar, sal die op­po­si­sie­par­tye en som­mi­ge ANC­fak­sies se stra­te­gie om Ma­ri­ka­na as ’n slaan­stok te ge­bruik, ’n aan­sien­li­ke te­rug­slag be­leef.

Die Ju­nie-be­leids­kon­fe­ren­sie sal ’n aan­dui­ding gee of Ra­map­ho­sa se “ver­an­de­ring”-veld­tog of Dla­mi­ni-Zu­ma se “dis tyd dat ’n vrou lei” die voor­tou het. )

Ra­map­ho­sa se veld­tog­stra­te­gie is om hom voor te hou as die een wat al­les sal reg­tim­mer wat met die ANC fout is.

Hy is so erns­tig dat hy selfs die kwes­sie aan­ge­pak het wat som­mi­ge re­ken ’n strui­kel­blok vir sy am­bi­sies is: Ma­ri­ka­na.

Gra­fi­ka: MOR­NÉ SCHAAP

Cy­ril Ra­map­ho­sa en N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni­Zu­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.