Op jou fiet­sie, in die koue

Beeld - - Leefstyl -

Ek haat die win­ter. Ál wat ek meer as die win­ter haat, is om in die win­ter op ’n fiets te moet klim en te oe­fen. Laat nie­mand jou pro­beer oor­tuig dat dit lek­ker is om in die win­ter fiets te ry nie, want hul­le lieg bla­tant. Niks is lek­ker daar­aan om te voel hoe die wind deur jou kle­re sny ter­wyl jy heim­lik ver­moed dat een van jou to­ne af­ge­vries het en nou los in jou skoen rond­lê nie. Niks nie.

Nóg ’n re­de waar­om ek die win­ter haat, is om­dat ek maar kan weet dat ek in die ko­men­de drie maan­de min­stens 2 kg gaan op­tel. Juis om­dat ek dit haat om in die win­ter te oe­fen. (As dit nie vir die feit was dat ek el­ke week my­le fiets­ry nie, het ek mos ook soos wy­le Ca­rel­tjie van As­we­gen ge­lyk. Par­ty men­se kyk mos net vir ’n stuk koek, dan het hul­le reeds ’n ki­lo op­ge­tel. Dis ek daai.)

Om­dat men­se die per­sep­sie het dat ek ge­du­rig net fiets­ry, kry ek dees­dae baie die vraag: “Nou wat is vol­gen­de? Waar­voor oe­fen jy nou?”

Toe ek gis­ter hier­die vraag die so­veel­ste keer moes be­ant­woord, het ek be­sef dat ek dalk juis iets moet vind om my lui­heid te be­sweer. En die oom­blik toe ek be­gin rond­snuf­fel, het ek weer ont­hou wat­ter heer­li­ke by­een­koms­te daar in die win­ter is. Ek het vir elk­een van hier­die ren­ne in­ge­skryf om my te mo­ti­veer om sog­gens op te staan en te gaan oe­fen. Want ek haat dit selfs nog meer om on­fiks aan iets deel te neem as om te voel ek gaan iets lek­kers mis­loop.

El­ke jaar kom meer as 1 000 fiets­ry­ers in Ju­nie by Buf­fels­poort by­me­kaar vir die Ma­ga­lies Mon­ster, wat deur S­til­l­wa­ter S­ports ge­re­ël word. Hier­die ren is in­der­daad ’n mon­ster en jy werk hard ge­du­ren­de die 75 km wat jy in die ma­ra­thon ry. Maar as jy sê jy het hier­die een klaar­ge­maak, styg jou aan­sien by en be­won­de­ring van jou me­de­ry­ers som­mer on­mid­del­lik.

Op 15 Ju­lie is dit die jaar­lik­se Jock Clas­sic-pad­fiets­ren in Nel­spruit, waar jy 154 km ry en 2 900 m klim. Die be­ken­de Long Tom­pas is deel van die roe­te en dis ’n prag­ti­ge deel van die land. Die Jock is al ja­re lank een van die ge­wild­ste by­een­koms­te op die pad­fiet­ska­len­der.

Ein­de Ju­lie van­jaar ry ek my twee­de Tour de Tu­li en ek tel nóú al die sla­pies. Die Tour de Tu­li is werk­lik die room van berg­fiets­ma­ra­thons, en om in die on­ge­rep­te de­le van A­fri­ka te kan trap ter­wyl jy moet uit­kyk vir wild soos o­li­fan­te, is een van die groot­ste voor­reg­te wat ek tot nog toe er­vaar het. Net daar­voor sal ek ook maar die koue trot­seer.

En op 19 Au­gus­tus is daar net een plek waar jy moet wees: Sun Ci­ty vir die jaar­lik­se Cy­cle 4 Can­sa-fiets­ry-uit­da­ging. Dis die 20ste jaar dat hier­die pad­fiets­ren plaas­vind en die or­ga­ni­seer­ders gaan el­ke jaar uit hul pad om die roe­te te ver­be­ter en die ren ’n suk­ses te maak. My hoog­te­punt is na­tuur­lik om ná die ren by die Val­ley of Wa­ves in die son te gaan lê en bak (jy kry gra­tis toe­gang as jy fiets­ge­ry het) en my te ver­beel dis weer so­mer.

En dan is daar die Deut­sche Bank Mau­ri­ti­us 100 km Cy­cle Tour, wat op 24 Sep­tem­ber in Mau­ri­ti­us plaas­vind. Ek het nog nooit in Mau­ri­ti­us fiets­ge­ry nie en ek hoor dit is die een plek waar jy kan mik om on­der drie uur te ry aan ’n 100 km-ren. Ek kan nie wag nie.

En ont­hou, daar is an­der ma­nie­re om fiks te bly in die win­ter – ek het voor die Ca­pe E­pic al saam met die in­struk­teur Bon­ny S­wa­ne­poel ge­du­ren­de die week by haar Watt­bi­ke-a­tel­jee in Mel­vil­le be­gin oe­fen. Se­dert­dien is my groot­ste uit­da­ging sog­gens net om uit die bed te kom, nie meer om uit die bed te kom én die koue te trot­seer nie.

Fo­to: OAKPICS

Teré­sa Coet­zee ge­du­ren­de die Gla­cier Crad­le Tra­ver­se, wat van­dees­maand in die Wieg van die Mens­dom plaas­ge­vind het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.