Ma Len­sing se pam­poen­koe­kies met mi­so­ka­ra­mel

Beeld - - Leefstyl -

Jy be­no­dig vir 12 koe­kies:

480 g (500 ml) gaar pam­poen

280 g (500 ml) koek­meel

20 ml bak­poei­er

2 ei­ers

10 ml a­nys­saad sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per son­ne­blom­o­lie vir diep­braai

100 g ka­neel­sui­ker

Vir die ka­ra­mel­sous:

200 g (250 ml) sui­ker

75 g (80 ml) bot­ter

100 ml wa­ter

250 ml room

10 ml mi­so­pas­ta (op­si­o­neel)

Só maak ’n mens:

1. Druk pam­poen fyn met aar­tap­pel­druk­ker. Voeg koek­meel, bak­poei­er, ei­ers en a­nys by. Meng deeg­lik met hout­le­pel. Geur goed met sout en pe­per. 2. Ver­hit o­lie vir diep­braai in groot pot – die o­lie moet min­stens 10 cm diep wees. Moe­nie o­lie te warm maak nie. Ge­bruik ’n room­ys­le­pel, doop dit in die warm o­lie, skep ’n le­pel vol pam­poen­be­slag en laat dit uit die room­ys­le­pel in die o­lie gly. Hou aan tot die pot se op­per­vlak vol is. Plaas dek­sel op pot en braai 5 mi­nu­te. Maak pot oop en draai die bal­le om. Plaas weer dek­sel op pot. Her­haal tot al die koe­kies goud­bruin en gaar is (so­wat 15 mi­nu­te). Stel plaat se tem­pe­ra­tuur la­er as die o­lie te warm raak. D­rei­neer op hand­doek­pa­pier en rol in ka­neel­sui­ker.

Maak só vir die ka­ra­mel­sous:

1. Plaas sui­ker, bot­ter en wa­ter in mid­del­slag­pot. Bring tot kook­punt en roer oor lae hit­te met hout­le­pel tot sui­ker ge­smelt het. 2. Ver­hoog hit­te en kook tot goue ka­ra­mel vorm, 8 tot 10 mi­nu­te. Voeg room en mi­so by. Meng en bring weer tot kook­punt. 3. Laat sous af­koel tot lou­warm en gooi oor koe­kies. Sit voor.

Fo­to’s: SA­RIE KOS

In die nuut­ste Sa­rie Kos maak Her­man Len­sing sy ma se pam­poen­koe­kies mo­dern met Oos­ter­se miso­pas­ta by die ka­ra­mel­sous. Laat dit uit as jy dit nie kry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.