Ma­gie­se Ma­rok­ko sal jou e­wig by­bly

Ma­rok­ko is ’n ek­so­tie­se land wat beel­de van a­sem­ro­wen­de sons­on­der­gan­ge en ver­lei­de­li­ke bre­dies in ta­gi­nes op­to­wer. Maar delf die­per en jy ont­dek dalk ’n on­ver­geet­li­ke ju­weel soos die Jar­din de Ma­jo­rel­le.

Beeld - - Leefstyl - ELISE TEMPELHOFF @e­lis­e­tem­pel­hoff

Y­ves Saint Lau­rent (YSL), Fran­se i­koon van die mo­de­wê­reld, het ’n lief­des­ver­hou­ding met Ma­rok­ko en ver­al met Mar­ra­kesj ge­had.

Dit is dan ook hier in die hart­jie van Mar­ra­kesj, in sy ge­lief­de Jar­din de Ma­jo­rel­le, waar sy as ná sy dood in Ju­nie 2008 tus­sen wa­ter­poe­le, kak­tus­se, vet­plan­te, bam­boes en palm­bo­me ge­strooi is.

Jar­din de Ma­jo­rel­le is ’n wa­re oa­se in Mar­ra­kesj, ’n woes­tyn­stad aan die voet van die At­las­ber­ge.

Dit het die Fran­se skil­der Ja­c­ques Ma­jo­rel­le, wat van 1886 tot 1962 ge­leef het, nie min­der nie as 40 jaar van pas­sie en toe­wy­ding ge­verg om die tuin te ves­tig, lui een van die pam­flet­te wat by die Ma­jo­rel­le-tuin aan be­soe­kers uit­ge­deel word.

Ma­jo­rel­le het Ma­rok­ko vir die eer­ste keer in 1917 be­soek. Hy was so oor­wel­dig deur die kleur­vol­heid en die kul­tuur van die land dat hy be­sluit het om in Ca­sa­blan­ca te bly. Nie te lank hier­na nie, het hy die vog­ti­ge wit stad ver­ruil vir die dor­heid van die Sa­ha­ra en be­sluit om in Mar­ra­kesj – “waar al­mal al­tyd vro­lik was” – te gaan woon.

Die verhaal van hoe Ma­jo­rel­le, ’n a­ma­teur-plant­kun­di­ge, die tuin uit­ge­lê en plan­te van al vyf kon­ti­nen­te ver­sa­mel en hier in sy tuin aan­ge­plant het, neem ’n mens by­na na ’n spro­kies­wê­reld waar niks on­moont­lik is nie.

Ie­wers langs een van die bloed­rooi ge­po­leer­de paad­jies ver­by dam­me­tjies waar­op lo­tus­le­lies uit E­gip­te dryf, is daar selfs ’n spek­boom uit Suid-A­fri­ka.

Ma­jo­rel­le het vir hom ’n a­tel­jee in die Art De­co-styl in sy tuin laat op­rig en dit in in­ten­se blou ge­verf. Kuns­te­naars ver­wys steeds na die blou van die ge­bou as Ma­jo­rel­le-blou. Geen an­der woord kan dit méér raak be­skryf nie. Die blom­bak­ke, ban­kies en pri­ë­le in die tuin is in geel, sag­te tur­koois (’n baie ge­wil­de Ma­rok­kaan­se kleur) en lig­groen ge­verf.

Vol­gens oor­le­we­ring is Ma­jo­rel­le ge­ïn­spi­reer deur die kleu­re wat hy in die Sa­ha­ra­woes­tyn by Mar­ra­kesj en in die rots­for­ma­sies, grond, wa­ter­val­le en klip­pe in die At­las­ber­ge ge­sien het.

Ná Ma­jo­rel­le se dood in die vroeë 1960’s het die tuin ver­val­le ge­raak en die plan­te het ver­welk. Toe in 1966 ont­dek Y­ves Saint Lau­rent en sy le­wens­maat, Pier­re Ber­gé, die Ma­jo­rel­le-tuin op ’n be­soek aan die o­ker­stad. Hul­le het feit­lik on­mid­del­lik ver­lief ge­raak op die tuin, al was dit toe so ver­waar­loos. In ’n skets­boek, Une Pas­si­on

Ma­ro­cai­ne, wat YSL en Ber­gé saam­ge­stel het, skryf hul­le: “Ons het die tuin baie gou goed leer ken en het el­ke dag daar­heen ge­gaan. Dit was oop vir die pu­bliek, maar was meest­al leeg.”

Hul­le skryf dit is ’n oa­se waar kleu­re ge­bruik is om met dié van die na­tuur te meng.

“En toe ons hoor die tuin is te koop en dat dit sou moes plek maak vir ’n ho­tel, het ons al­les ge­doen om dit te red. Dit is hoe ons uit­ein­de­lik – eers in 1980 – die ei­e­naars van die tuin en die vil­la (a­tel­jee) ge­word het. En deur die ja­re het ons le­we na die tuin te­rug­ge­bring.”

YSL en Ber­gé het voort­ge­gaan om kak­tus­se van oor die wê­reld te ver­sa­mel. Van­dag is daar so­wat 30 kak­tus­spe­sies in die tuin te sien.

YSL se pas­sie vir die Ma­rok­kaan­se leefstyl, kle­re­drag, ju­we­le, kos en die na­tuur is goed be­kend. Hy en Ber­gé het be­sluit om die groot­ste deel van hul le­we in Ma­jo­rel­le deur te bring. YSL het een van die ver­trek­ke van die vil­la om­skep in ’n a­tel­jee, Ga­le­rie Lo­ve, waar sy ver­sa­me­ling lief­des­plak­ka­te ten toon­ge­stel word. Hy het hier­die plak­ka­te jaar­liks vir Kers­fees en Nu­we­jaar aan sy vrien­de ge­stuur. Meer as net plan­te YSL het die ver­trek wat Ma­jo­rel­le as a­tel­jee ge­bruik het, om­skep in ’n mu­seum waar­in an­tie­ke ju­we­le en meer as 600 ar­te­fak­te – wa­pens, vleg­werk, leer­goe­de­re en teks­tie­le van die Ber­bers, wat in die At­las­ber­ge woon – ten toon ge­stel word.

Dan is daar ook ’n klein boe­tiek waar sil­wer­ju­we­liers­wa­re, hand­sak­ke, die ken­mer­ken­de Ma­rok­kaan­se pan­tof­fels, sy­ser­pe, kus­sings, seep en an­der hand­ge­maak­te goe­de­re ge­koop kan word.

Die vil­la huis­ves ook ’n klein boek­win­kel. Hier word boeke oor die ont­werp­kuns, kle­re en ar­gi­tek­tuur van Ma­rok­ko, die Ber­bers se kuns en ook tal­le boeke oor die le­we en werk van YSL te koop aan­ge­bied. Die boek­win­kel huis­ves ook ’n klein ver­sa­me­ling an­tie­ke fo­to’s van Ma­rok­ko, wa­ter­verf­skil­de­rye, sket­se en et­se wat van die 18de en 19de eeu da­teer. Al­les is te koop, maar teen ’n ste­wi­ge prys, na­tuur­lik.

Wan­neer jy die tuin ver­laat, loop ’n mens by ’n klein mo­nu­ment ver­by. Dit is in die vorm van t­wee mar­mer­ban­kies en ’n ge­denk­naald. Op die voet­stuk van rooi o­ker is ’n plaat­jie aan­ge­bring met die naam Y­ves Saint Lau­rent daar­op ge­gra­veer.

Jar­din de Ma­jo­rel­le is se­dert 2010 die ei­en­dom van ’n stig­ting, Pier­re Ber­gé-Y­ves Saint Lau­rent, wat Ber­gé ná sy le­wens­maat se dood op die been ge­bring het. Die tuin word in­ge­vol­ge Fran­se wet­ge­wing be­skerm.

Tempelhoff het Ma­rok­ko be­soek as gas van die Ver­e­nig­de Na­sies en die Ma­rok­kaan­se re­ge­ring vir die kli­maat­be­raad wat in No­vem­ber in Mar­ra­kesj ge­hou is.

Fo­to’s: ELISE TEMPELHOFF

Die in­gang na Jar­din de Ma­jo­rel­le.

In die mid­dag is die groot­ste en lek­ker­ste tyd­ver­dryf in Ra­bat om in die baai in die At­lan­tie­se O­se­aan te swem. Vroue swem kop­doek en al.

Dié kat lê on­ge­stoord in ’n soek in Ra­bat ter­wyl toe­ris­te hul­le ver­kyk aan al die lap en mat­te wat hier te koop is.

Die hoof­huis in die Ma­jo­rel­le­tuin. Van­dag huis­ves dit ’n win­kel, ’n klein kuns­mu­seum waar­in die Kers­kaar­te wat Y­ves Saint Lau­rent jaar­liks vir sy vrien­de ge­stuur het, ge­sien kan word, en ’ n Ber­ber­mu­seum. Die Kers­kaar­te was al­mal in die vorm van groot plak­ka­te. Die tuin is deur die Fran­se skil­der Ja­c­ques Ma­jo­rel­le aan­ge­lê.

Só skink ’n mens mos tee! Al­le e­tes word met (ver­sla­wen­de) krui­e­tee af­ge­sluit.

Daar is ’n oor­vloed plant­spe­sies om jou aan te ver­kyk in die Jar­din de Ma­jo­rel­le.

Mu­siek is deel van die Ma­rok­kaan­se be­staan. Ons het dié straat­mu­si­kant van Ber­ber­se af­koms in een van Ra­bat se nou ste­gies raak­ge­loop. Hy speel op ’n gim­bri, ’n tra­di­si­o­ne­le mu­siek­in­stru­ment waar­van die klank baie her­in­ner aan dié van ’n kon­tra­bas. Die sna­re is ge­maak van bok­se­nings.

Kos is vir die Ma­rok­ka­ne baie be­lang­rik en dit moet fees­te­lik voor­ge­sit word. Rou groen­te en vrug­te is ver­al ge­wild. Ge­stoom­de groen­te word saam met koes­koes be­dien. Koes­koes is ’n Ma­rok­kaan­se sta­pel­voed­sel. Dit het sy oor­sprong by die Ber­bers wat in die Sa­ha­ra­woes­tyn woon, en be­staan uit klein bal­le­tjies ge­stoom­de se­mo­li­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.