Cla­rens vir die smul­paap

Beeld - - Fokus Op -

Om uit te eet in Cla­rens is ’n be­le­we­nis, of jy nou ’n kos­lief­heb­ber is op soek na iets spe­si­aals, of net ’n groot hon­ger het wat noú ge­stil moet word.

Klein dor­pies soos Cla­rens se ont­span­ne at­mos­feer help dat ’n mens jou maal­tyd som­mer nog meer ge­niet, ver­al as jy bui­te in die vars lug kan sit en smul.

Sit en kyk hoe die le­we van die dorp by jou ver­by vloei, ter­wyl jy teug aan ’n mi­kro­bier of ’n lek­ker gla­sie wyn.

Van die re­stau­ran­te in Cla­rens waar ’n mens be­slis moet in­loer, is 278 On Main wat be­kend is om sy heer­li­ke ont­by­te. Val weg aan ’n hart­li­ke bord Fran­se roos­ter­brood voor­ge­sit met suur­le­moen­smeer, smul aan slaaie ge­maak met die vars­ste plaas­li­ke pro­duk­te, soet pan­ne­koek (i­de­aal om die koue te ver­dryf) of sout pan­ne­koek met vul­sels soos spi­na­sie en room.

By die Wind­mill-sen­trum is Ar­tist Café in die mid­del van die dorps­plein wat be­te­ken dit is ’n lek­ker plek­kie om by in te val na­dat jy die win­kel­tjies van Cla­rens deur­ge­snuf­fel het. Dié re­stau­rant is fa­mi­lie­vrien­de­lik met ’n spe­si­a­le spys­kaart vir die klein­span en ’n klein par­kie met ’n klim­raam, swaaie en ’n ou­tyd­se rooi trek­ker waar hul­le kan klim en klou­ter ter­wyl ma en pa ’n wel­ver­dien­de kof­fie ge­niet.

Die Post­hou­se Re­stau­rant is be­kend vir hul heer­li­ke brood. Pro­beer dit op ’n win­ters­dag saam met ’n bord hart­li­ke sop. Aan­ge­sien Cla­rens be­kend is as een van die bes­te kuns­hen­gel­be­stem­mings in Suid-A­fri­ka is daar ’n he­le paar re­stau­ran­te met vars fo­rel op die spys­kaart. By die Ca­ter­pil­lar and Cat­fish Cook­hou­se kan jy ’n plaas­lik ge­ïn­spi­reer­de ete van fo­rel saam met hol­lan­dai­se­sous en vars vin­kel ge­niet. Bron: cla­rens.co.za.

Fo­to: CHRIS­TI­AAN KOT­ZÉ

Die om­ge­wing na­by Cla­rens in die Oos­Vry­staat is werk­lik prent­jie­mooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.