AB: Ná IPL is Ta­hir nóg gif­ti­ger

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

AB de Villiers glo die In­die­se P­re­mier­liga (IPL) het die groot­ste wa­pen in Suid-A­fri­ka se een­dag­bou­l­ar­se­naal nóg ge­vaar­li­ker help maak.

“’n Paar van ons spe­lers het ge­wis hul spel­peil in van­jaar se IPL ge­lig,” het De Villiers in ’n on­der­houd ge­sê voor­dat die Pro­te­as van­dag met Sus­sex in ’n op­warm­wed­stryd krag­te meet.

“Ek het (die by­breek­bou­ler) Im­ran Ta­hir in die net­te ge­trot­seer en hy het met ’n paar nu­we af­le­we­rings vo­ren­dag ge­kom se­dert sy deel­na­me aan die IPL. Die­self­de geld die an­der spe­lers wat ook daar be­trok­ke was,” sê die kap­tein van die Pro­te­as se een­dag­span.

De Villiers het toe­ge­gee dat die En­gel­se veel­sy­di­ge spe­ler Ben S­to­kes ook sy spel na selfs ’n ho­ër vlak ge­neem het in In­dië.

Die Pro­te­as en En­ge­land pak me­kaar Woens­dag in die eer­ste van drie een­dag­wed­stry­de, met die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee wat kort ná die af­han­de­ling van dié reeks in En­ge­land en Wal­lis be­gin.

S­to­kes, wat vir die Ri­sing Pu­ne Su­per­gi­ants ge­speel het in die IPL, het nie net ’n eer­ste T20-100tal ge­mo­ker nie, maar ook 12 paal­tjies laat kan­tel. Hy sal ’n sleu­tel­spe­ler in En­ge­land se reeks teen die Pro­te­as én in die Kam­pi­oe­ne­tro­fee-toer­nooi wees.

“Hy’s ’n krie­ket­spe­ler met ’n spe­si­a­le ga­we,” sê De Villiers oor S­to­kes.

“Som­mi­ge ou­ens raak die pad iet­wat bys­ter in die IPL, maar Ben S­to­kes het sy spel met ’n paar ker­we ge­lig. Die IPL het sy spel ’n groot hup­stoot ge­gee.”

) Die 33-ja­ri­ge De Villiers het in­tus­sen wéér be­na­druk dat sy arm nie ge­draai gaan word om in Ju­lie en Au­gus­tus in die reeks van vier toet­se teen En­ge­land te speel nie. “My be­sluit bly staan dat ek nie van­jaar gaan toets­krie­ket speel nie. Ek wil min­der speel en voel vars en uit­ge­rus. Ek sien daar­na uit om weer in ’n toer­nooi te speel.

“Ek het nie uit toets­krie­ket ge­tree nie, maar ek gaan nie van plan ver­an­der om nie van­jaar in daar­die for­maat te speel nie. As ek dit sou doen, gaan dit lyk of ek be­slui­te­loos is,” sê De Villiers.

Fo­to: GALLO IMAGES

Hoe’s daai? Die Pro­te­as sy by­breek­bou­ler Im­ran Ta­hir is vol­gens AB de Villiers nóg ge­vaar­li­ker ná sy on­lang­se deel­na­me aan die In­die­se P­re­mier­liga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.