Ar­ca­dia S­hep­herds boos oor ‘hul’ sta­di­on

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Die Ka­le­do­nie­se sta­di­on, wat al se­dert 1903 die tuis­veld van die sok­ker­span Ar­ca­dia S­hep­herds in P­re­to­ria is, word die nu­we tuis­te van P­re­mier­liga-sok­ker­span Su­pers­port U­ni­ted.

Dié aan­kon­di­ging is deur Sol­ly M­si­man­ga, bur­ge­mees­ter van die Tshwa­ne-me­tro, in sy be­gro­tings­re­de ge­doen.

M­si­man­ga het aan­ge­kon­dig dat Tshwa­ne en Su­pers­port U­ni­ted, oor­spronk­lik be­kend as P­re­to­ria Ci­ty, ’n oor­een­koms be­reik het dat die sta­di­on, een van P­re­to­ria se oud­ste er­fe­nis­ter­rei­ne, dié s­pan se tuis­veld word.

Su­pers­port U­ni­ted speel tans sy tuis­wed­stry­de in die Lu­cas Mo­ri­pe-sta­di­on in At­te­rid­ge­vil­le aan die wes­te van P­re­to­ria.

Lucky Man­na, ’n di­rek­teur van Ar­ca­dia S­hep­herds, wat in die Cas­t­le-li­ga (der­de li­ga) speel, sê hy is woe­dend.

“Nie­mand het met ons hier­oor ge­praat nie. Daar was nie ’n en­ke­le b­rief of ’n op­roep van die bur­ge­mees­ter of die me­tro nie. Ons het die af­ge­lo­pe ne­ge maan­de brie­we aan die me­tro ge­stuur waar­in ons gro­ter dui­de­lik­heid ge­vra het oor ons kon­trak. Ons het geen ant­woord ge­kry nie.

“Ons (Ar­ca­dia S­hep­herds) het nog geen an­der tuis­veld ge­had as die Ka­le­do­nie­se sta­di­on nie,” sê hy.

Hy meen die DA het Ar­ca­dia S­hep­herds ge­bruik en nou in die steek ge­laat.

“Toe die ANC des­tyds die sta­di­on wou sloop, het die DA na ons ge­kom en ge­vra om hul­le te help om die sta­di­on te red. Dit het ons om­trent R500 000 ge­kos.

“As dit nie vir ons hulp was nie, sou die sta­di­on in 2015 al ge­sloop ge­wees het. Nou dít,” het Man­na ont­steld ge­sê.

“Die me­tro kon ons min­stens in ken­nis ge­stel het van sy ge­sprek­ke met Su­pers­port U­ni­ted.”

M­si­man­ga het gis­ter­og­gend op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ont­ken Tshwa­ne het ’n eie doel aan­ge­te­ken.

“Ons het geen be­staan­de kon­trak met Ar­ca­dia S­hep­herds nie.

“Ar­ca­dia S­he­perds sal dank­sy sy his­to­rie­se ver­bin­te­nis met die sta­di­on, steeds ’n rol hier speel. Die pro­bleem is dat hy (die klub) al­les wou be­heer.

“Nie­mand kan aan die me­tro voor­skryf hoe hy sy ei­en­dom moet ont­wik­kel nie.”

M­si­man­ga het ge­sê om­dat die sta­di­on so­veel his­to­rie­se waar­de het, werk die Tshwa­ne-me­tro met die Er­fe­nis­stig­ting saam oor die ont­wik­ke­ling van die ter­rein.

Tshwa­ne het R32 mil­joen be­groot vir die boek­jaar 2017-’18 en R35 mil­joen vir die jaar daar­na om die sta­di­on op te knap.

Dié ver­val­le sta­di­on het plek vir net 5 000 toe­skou­ers en sal op­ge­knap word na Su­pers­port U­ni­ted se be­hoef­te.

Die vo­ri­ge ANC-be­heer­de ad­mi­nis­tra­sie se plan was om die sta­di­on, waar be­ken­de sok­ker­spe­lers soos S­te­ve en Geoff We­ger­le, T­re­vor Ge­thing, S­tan La­pot, Roy Mat­thews, Mark Fish en I­tu­me­leng K­hu­ne op hul dag ge­speel het, te sloop en in ’n meer­doe­li­ge park te om­skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.