Ver­jaar­dag­seun Ru­han soek ses van die bes­te

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die B­lits­bok­ke kan die na­week nog ’n span­maat se ver­jaar­dag­week ek­stra spe­si­aal maak as hul­le die Wê­reld­reeks se se­wes­rug­by­toer­nooi in Lon­den wen.

Na­dat Bran­co du P­reez se 27ste ver­jaars­dag ver­le­de Son­dag met suk­ses in die Pa­rys­toer­nooi (en die be­klink van die wê­reld­ti­tel) be­klink is, bied Ru­han Nel se 26ste ver­jaars­dag die af­ge­lo­pe Woens­dag nog ’n kans vir ’n ek­stra ker­sie op ’n ver­jaars­dag­koek.

Die B­lits­bok­ke, en ver­al hul span­maat Ru­han Nel, sal hoop dat hul­le een van die span­ne gaan wees om in die Be­ker­eind­stryd te speel.

“Ons speel steeds vir die S­pring­bok op ons bors en waar­voor dit staan,” sê Nel. “Dit is om te al­le tye 100% toe­ge­wyd te wees en met on­der­ne­mings­gees te speel.

“Net om­dat ons die reeks ge­wen het, be­te­ken dit nie dat din­ge nou ewe skie­lik moet ver­an­der nie. Ons is steeds die­self­de s­pan wat ons land trots wil maak.”

Die boor­ling van Port E­li­za­beth kan as een van die on­be­son­ge hel­de in die B­lits­bok­groep be­skou word.

Hy druk soms be­lang­ri­ke drieë op kri­tie­ke tye in ’n wed­stryd en is al­tyd ie­mand op wie se ver­de­di­ging staat­ge­maak kan word.

Nel het reeds in Pa­rys met sy lak­werk uit­ge­blink as die B­lits­bok-spe­ler wat die mees­te duik­slae (18) suk­ses­vol kon uit­voer.

Vol­gens die vleu­el/sen­ter moet sy span­maats kre­diet hier­voor kry.

“Dit is mak­lik om deur ’n teen­stan­der ge­klop te word, maar die we­te dat ek op my span­maats kan staat­maak as ek een sou mis, het my die self­ver­troue ge­gee om al­les in te sit.”

Dit sal Nel se eer­ste Lon­den- toer­nooi se­dert 2015 wees, na­dat hy ’n skou­er­be­se­ring in 2016 se toer­nooi in Pa­rys op­ge­doen het.

Hy sê of­skoon die ly­we ná Pa­rys nog so ’n bie­tjie seer is, bly hy en sy span­maats oor­ge­haal om die sei­soen op ’n hoë noot af te sluit.

“Daar heers ’n rus­tig­heid on­der die man­ne. Die druk is nou ver­lig van­weë die feit dat ons reeds die reeks kon wen, maar ons wil die sei­soen goed af­sluit. Dit was van die eer­ste toer­nooi ons doel­wit.”

Suid-A­fri­ka kom Sa­ter­dag in die groep­fa­se teen Ke­nia, Wal­lis en A­me­ri­ka te staan.

Die uit­klop­wed­stryd vir die Lon­den-ti­tel word Son­dag be­slis.

Die eer­ste dag van die Lon­den-toer­nooi word van 10:20 reg­streeks op Su­perS­port 5 uit­ge­saai.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ru­han Nel het Woens­dag sy ver­jaar­dag in Lon­den ge­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.