Bas­ta met oor­ge­rust­heid, sê B­lit­se

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet 12:18: 15:24: 18:30:

Nóg ’n per­sen­ta­sie­punt se ver­be­te­ring en ’n ses­de toer­nooi­se­ge. Dít is, in ’n neu­te­dop, waar­na die B­lits­bok­ke sal streef wan­neer hul­le die na­week in Lon­den speel.

Hoe­wel die B­lits­bok­ke in die 2008-’09-sei­soen ook die Wê­reld­reeks ge­wen het, het hul­le daar­die jaar s­legs drie toer­nooie ge­wen op pad na die ti­tel. Dít on­der­streep net hoe ge­dug Neil Po­well se klas van 2016-’17 is.

Vol­gens Po­well het hul­le aan die be­gin van die sei­soen ’n doel­wit ge­stel om al 10 die toer­nooie in die reeks te wen.

Die B­lits­bok­ke het dit nie heel­te­mal reg­ge­kry nie, maar het ver­ras deur agt uit ne­ge eind­stry­de so­ver te haal en vyf van hul­le te wen.

Po­well het van­dees­week in ’n on­der­houd ge­sê die laas­te paar dae was moont­lik sy mak­lik­ste as af­rig­ter die af­ge­lo­pe sei­soen.

“As le­de van die be­stuur­span was dit be­lang­rik om dié week die voor­beeld te stel deur steeds har­de werk in te sit.”

Om die Lon­den-toer­nooi te wen, weet Po­well gaan glad nie ’n mak­li­ke taak wees nie. Hul­le speel in Groep A teen Ke­nia, Wal­lis en A­me­ri­ka.

Die Lon­den-toer­nooi het oor die laas­te ja­re ver­ras­sen­de uit­slae op­ge­le­wer, met A­me­ri­ka wat ’n paar sei­soe­ne ge­le­de vir die eer­ste keer hier ’n toer­nooi in die Wê­reld­reeks kon wen.

Po­well moes ver­le­de jaar ook daar aan­skou hoe sy s­pan in die eind­stryd teen S­kot­land ver­loor.

“Ek dink dié week kan ons net ons eie groot­ste vy­and wees,” sê Po­well. “Ons is in ’n baie sterk groep en ons sal moet se­ker maak dat ons nog­maals op die reg­te din­ge fo­kus en nie oor­ge­rus op die veld draf nie.”

Die B­lits­bok­ke kan met ’n se­ge in Lon­den hul teen­stan­ders ook ’n groot siel­kun­di­ge knou toe­dien voor ’n be­si­ge en be­lang­ri­ke sei­soen in 2017-’18.

Die B­lit­se sal dan nie net hul Wê­reld­reeks­ti­tel ver­de­dig nie, maar ook hul goue me­dal­je op die S­ta­te­bond­spe­le aan die Aus­tra­lie­se Goud­kus. Daar­be­ne­wens vind die Wê­reld­be­ker­toer­nooi ook in San Fran­cis­co plaas.

Die B­lits­bok­ke wil nie stag­neer ná dié sei­soen se on­ge­ken­de suk­ses nie.

“Ons streef daar­na om met nog ’n per­sen­ta­sie­punt te ver­be­ter, want as jy gaan stil­staan, dan be­weeg jy eint­lik ag­ter­uit.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Gaan P­hi­lip Sny­man Son­dag met ’n ses­de tro­fee vir die sei­soen pronk?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.