Su­per­slag­of­fers se pad vo­ren­toe vol duw­wel­tjies

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Die paad­jie om die t­wee SuidA­fri­kaan­se span­ne wat van hul Su­per­rug­by-sta­tus ge­stroop gaan word, in an­der in­ter­na­si­o­na­le reek­se te laat speel, kan baie steil wees.

San­zaar, die be­heer­lig­gaam vir rug­by in die Sui­de­li­ke Half­rond, het vroe­ër van­jaar aan­ge­kon­dig dat die Su­per­reeks met t­wee Suid-A­fri­kaan­se span­ne en een van Aus­tra­lië ver­min­der moet word.

Maar Mark Alexander, pre­si­dent van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru), het van­dees­week ver­se­ker dat geen plaas­li­ke s­pan in die wil­der­nis sal be­land nie om­dat hul­le by an­der groot in­ter­na­si­o­na­le reek­se kan in­val.

Die t­wee span­ne wat kan uit­val, is waar­skyn­lik die C­hee­tahs en die Sout­hern Kings, wat al­bei met die Pro12-reeks in Eu­ro­pa ver­bind word.

Dié reeks, wat in 2001/’02 be- kend ge­stel is, is in 2010/’11 tot 12 span­ne uit­ge­brei om plek vir t­wee I­ta­li­aan­se span­ne te maak.

Dit kan ’n lo­gis­tie­ke nag­mer­rie wees om bin­ne ’n paar we­ke die reeks na 14 span­ne uit te brei, te be­mark, straks nu­we bor­ge te be­kom, ’n ge­skik­te be­pa­lings­lys op te stel en reis- en ver­blyf­re­ë­lings te tref.

Die reeks het reeds ver­le­de jaar op 4 Sep­tem­ber be­gin en daar is oor 22 na­we­ke oor en weer teen me­kaar ge­speel.

Die eer­ste half­eind­stryd tus­sen Lein­ster (Ier­land) en die S­car­lets (Wal­lis) is gis­ter­aand ge­speel en van­dag pak Mun­ster (Ier­land) vir die Ospreys (Wal­lis).

Die eind­stryd word aan­staan­de Sa­ter­dag in Du­blin be­slis.

Die reeks is in vol­le gang in die B­rit­se win­ter (Suid-A­fri­kaan­se so­mer) en oor die Kers­tyd. Dit is ’n ope vraag of die plaas­li­ke so­mer­hit­te be­vor­der­lik vir rug­by sal wees.

Nog ’n pro­bleem is dat die Die Sout­hern Kings, wat die S­harks ver­le­de Sa­ter­dag in hul Su­per­rug­by­wed­stryd in Port E­li­za­beth ge­klop het, weet steeds nie of hul­le aan­staan­de jaar on­der die val­byl gaan be­land nie. reeks die­self­de tyd as die Cur­rie­be­ker-reeks plaas­vind, wat be­te­ken dat dié t­wee span­ne dalk nie met hul bes­te span­ne in een van die reeks sal speel nie.

An­der reek­se wat moont­li­ke o­plos­sings bied, is Wê­reld­rug­by se Na­sies­be­ker-toer­nooi en die A­me­ri­kaan­se be­roeps­liga.

Die Op­ko­men­de S­pring­bok­ke en Kings het voor­heen al aan die Na­sies­be­ker-reeks deel­ge­neem, maar dis ’n kort reeks wat van­jaar tus­sen 10 en 18 Ju­nie in Mon­te­vi­deo sal plaas­vind.

Die span­ne wat daar­aan deel­neem is ’n Ar­gen­tyn­se XV, Na­mi­bië, Rus­land, Uru­guay, S­pan­je en die I­ta­li­aan­se Op­ko­men­de s­pan.

Vrae kan ook ge­vra word oor die ge­hal­te van spe­lers wat die Suid-A­fri­kaan­se span­ne sal kan be­hou as die voor­uit­sig van Su­per­rug­by nie meer be­staan nie.

Daar word juis ver­neem dat van die C­hee­tahs en Kings dalk el­ders sal ver­huis as hul­le nie meer Su­per­rug­by kan speel nie.

Die A­me­ri­kaan­se be­roeps­liga (PRO Rug­by) bied min­der ske­du­le­rings­uit­da­gings, maar dié reeks het weens fi­nan­si­ë­le re­des in duie ge­stort.

Daar is wel Ma­jor Le­a­gue Rug­by, ’n se­mi-be­roeps­liga, wat dit groot­liks ver­vang het. Die reeks be­staan uit ne­ge span­ne.

Maar sal die ge­hal­te van die span­ne, as­ook die tyds­ver­skil tus­sen Suid-A­fri­ka en die VSA, dit ’n aan­trek­li­ke op­sie maak vir te­le­vi­sie-ge­ho­re hier en in die VSA?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.