S­tor­mers se ‘blu­es’ oor

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die lek­plek­ke in die S­tor­mers se ver­de­di­ging is nog nie heel­te­mal toe­ge­stop nie, maar die on­der­steu­ners wat gis­ter­aand die Nu­we­land-sta­di­on vol­ge­pak het, sal ná ’n wel­ko­me se­ge nie te veel daar­oor kla nie.

Die Ka­pe­naars het die Blu­es van Nieu-See­land met 30-22 ge­klop om hul lang wen­droog­te uit­ein­de­lik te be­ëin­dig.

Die S­tor­mers het vier ne­der­lae in ’n ry ge­ly, maar was te­rug by die huis ’n an­der s­pan as die een wat op sy Nieu-See­land­se toer so swaar ge­leef het.

Hul ver­de­di­ging is steeds nie wat dit moet wees nie, soos die drie vyf­pun­ters wat hul­le af­ge­staan het, wys. Maar hul af­rig­ter, Rob­bie F­leck, kan te­vre­de wees met die pas­sie­vol­le te­rug­veg­po­ging wat sy troe­pe in die laas­te kwar­tier van ’n e­mo­si­o­neel ge­laai­de wed­stryd op­ge­dis het.

Soos dit maar ge­woon­lik tus­sen span­ne van Suid-A­fri­ka en Nieu-See­land gaan het ge­moe­de­re hoog ge­loop na ’n paar hoog­vat­te deur al­bei span­ne tot geel­kaar­te ge­lei het.

Die Blu­es-vleu­el Matt Duf­fie, wat in die twee­de helf­te ’n twee­de geel­kaart ont­vang het, was die eer­ste son­daar wat vir ’n hoog­vat in die koel­kas moet gaan sit. Ni­zaam Carr was ge- luk­kig om vir sy duik­slag op Au­gus­ti­ne Pu­lu vyf me­ter voor die doel­lyn nie geel te sien nie, maar ’n truipluk­ke­ry daar­na het tot een vir die slot E­ben Et­ze­beth ge­lei.

Et­ze­beth het die Blu­es-flank A­ki­ra Io­a­ne ’n vrien­de­li­ke ou ver­wel­ko­mings­klap­pie op die ken­ne­bak ge­gee, maar vol­gens die skeids­reg­ter was dit re­de ge­noeg om die S­pring­bok­slot van die veld te s­tuur.

Son­der hul krag­ti­ge slot was die S­tor­mers kwes­baar. Die Blu­es het dit uit­ge­buit en was met rus­tyd 12-10 voor.

Maar met die tel­ling 19-10 het die S­tor­mers ’n twee­de a­sem ge­vind en die Blu­es on­der he- wi­ge ge­druk ge­plaas.

Dít sou lei tot Duf­fie se twee­de geel­kaart, wat die ge­ty fi­naal in die S­tor­mers se guns ge­draai het.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Die S­tor­mers­agt­ste­man Ni­zaam Carr pro­beer ver­by die Blu­es­slot S­cott S­craf­ton beur in dié span­ne se Su­per­rug­by­stryd op Nu­we­land. Die Ka­pe­naars was met 30­22 baas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.