Kings skrik­ke­rig vir Brum­bies se ga­lop

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Moe­nie die Brum­bies ge­ring­skat nie!

Dit is die waar­sku­wing wat Deon Da­vids, die Sout­hern Kings se hoof­af­rig­ter, van­dees­week vir sy s­pan ge­had het.

Die Kings en die Brum­bies pak me­kaar van­aand in ’n Su­per­rug­by-wed­stryd in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on in Port E­li­za­beth.

Die Kings soek hul vier­de ag­ter­een­vol­gen­de oor­win­ning in die reeks.

En die Brum­bies wil ná vier ag­ter­een­vol­gen­de ne­der­lae weer op die wen­pad kom.

Dis juis daar­die vier ag­ter­een­vol­gen­de ne­der­lae wat die Brum­bies ge­ly het, wat ’n mens on­der ’n wan­in­druk van hul ver­moë kan bring.

“Die Brum­bies is ’n sterk en er­va­re s­pan. Hul­le doen goed in die vas­te fa­set­te en het ge­vaar­li­ke aan­val­lers,” sê Da­vids.

“Hul­le staan ook nie so baie drieë af nie. Jy moet hard werk om hul ver­de­di­gings­ly­ne te breek.”

’n Mens kry die i­dee dat die Brum­bies taam­lik des­pe­raat is vir ’n oor­win­ning en dit maak hul­le nog meer ge­vaar­lik.

Daar is ook ’n kans dat die Kings se spel­peil ’n in­sin­king ná drie skit­ter­ver­to­nings kan toon.

Die ver­lies van be­seer­de staat­ma­kers soos Wil­helm van der Sluys, Chris Cloe­te en Ma­sixo­le Ban­da kan ook ’n in­vloed op die Oos-Kaap­se s­pan se ver­to­ning hê.

By­ge­sê, daar is nou al ’n paar keer hier­die sei­soen ge­sien dat so­ge­naam­de twee­de­keu­se-spe­lers wat speel­kans kry hul kan­se met oor­ga­we aan­gryp.

Dink maar net aan die reg­ter­vleu­el Als­haun Bock se fan­tas- tie­se ver­to­ning ver­le­de week teen die Haaie.

Wat reg­streek­se twee­stry­de be­tref, is daar t­wee wat be­lang­rik is en ook fas­si­ne­rend kan wees.

Te­vi­ta Ku­ri­dra­ni, die groot, sterk bui­te­sen­ter van die be­soe­kers, kom teen die Kings se Ber­ton Klaas­en te staan.

Ku­ri­dra­ni het al by­na 50 toet­se vir die Wal­la­bies en by­na 100 Su­per­wed­stry­de ag­ter die blad.

Hy is ’n sterk hard­lo­per wat ook ver­woes­tend op die ver­de­di­ging kan wees.

Klaas­en is op sy beurt weer een van die Kings wat hier­die sei­soen on­ver­wags blom.

Hy is ’n ont­wy­ken­de hard­lo­per en ’n dap­per ver­de­di­ger.

Hier­die is dalk sy groot­ste toets.

Dan is daar die Brum­bies se reg­ter­vleu­el, Hen­ry S­peig­ht, se twee­stryd met die Kings se lin­ker­vleu­el, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi.

Daar word so baie ge­praat van spe­lers wat die “X-fak­tor” het.

In S­peig­ht se ge­val is dit nie twak nie. Dié man kán rug­by speel!

En Ma­pim­pi? Is dit no­dig om weer oor sy aan­val­len­de ei­en­skap­pe te praat?

Se­ker nie. Maar wat van sy ver­de­di­ging?

Ook vir hom is hier­die ’n groot toets.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi se twee­stryd met die Brum­bies se Hen­ry S­peig­ht kan ’n hoog­te­punt wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.