C­hee­tahs jag plek­ke in S­pring­bok­groep

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Dit mag dalk die C­hee­tahs se laas­te wed­stryd in die af­sien­ba­re toe­koms in Nieu-See­land wees, maar meer as net ’n se­ge is van­og­gend in Wel­ling­ton op die spel in hul Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes.

Die wed­stryd be­hoort ’n paar C­hee­tah-spe­lers vir ou­laas die ge­leent­heid te gee om die S­pring­bok-keur­ders te be­ïn­druk.

Die der­de Bok-oe­fen­kamp word van mô­re af tot Dins­dag in Jo­han­nes­burg ge­hou en die C­hee­tahs is van­weë hul toer­pro­gram nie oor­weeg nie.

Die Bok-groep van 31 spe­lers vir aan­staan­de maand se drie toet­se teen Frank­ryk word na die oe­fen­kamp be­kend ge­maak.

’n Goeie ver­to­ning teen ver­le­de se Su­per­rug­by-kam­pi­oen, kan die keur­ders se kaar­te dalk nog deur­me­kaar krap.

Die sen­ter Fran­cois Ven­ter en die flank U­zair Cas­siem was in die Bok­ke se laas­te toets teen Wal­lis in ak­sie.

Ou­pa Mo­ho­je, wat in die Su­per­reeks al hoe ster­ker as ’n goeie lyn­staan­sprin­ger na vo­re ge­tree het, het ook die Bok­ke se jaar­eind­toer mee­ge­maak.

Die C­hee­tahs se vleu­els Ser­ge­al Pe­ter­sen en ver­al Ray­mond R­hu­le kan ook ter spra­ke kom.

Die skrum­ska­kel S­haun Ven­ter het ’n bui­te­kans om die Bok­groep te haal.

Hy was na wat ver­neem word ver­le­de jaar reeds in Coet­zee se vi­sier, maar om­dat hy nie ge­reeld die Vry­staat-C­hee­tahs se be­gin­span ge­haal het nie, is hy toe nie be­trek nie.

Hy was wel vroe­ër na die Bok­ke se twee­de oe­fen­kamp ge­nooi.

Die C­hee­tahs se af­rig­ter, Fran­co S­mith, het die hoop uit­ge­spreek dat hul­le ver­de­di­ging hul ver­nuf op die aan­val sal aan­vul.

“Die be­lang­rik­ste is om nie weer duik­slae te ver­brou nie. Ons te­ken ge­woon­lik 30 pun­te per wed­stryd aan wat ’n goeie to­taal is.

“Ons druk vier drieë in die mees­te van ons wed­stry­de, so dit is nou ’n ge­val van ons ver­de­di­ging wat ons aan­val­le moet steun.”

Die Hur­ri­ca­nes het ver­le­de Sa­ter­dag in Chris­t­church teen die voor­lo­per, die Cru­sa­ders, vas­ge­val.

Hul­le sal voor hul tuis­ska­re wil ver­goed en ook wil wys hul­le is be­ter as die der­de plek wat hul­le in die Nieu-See­land­se af­de­ling be­klee.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die C­hee­tahs se skrum­ska­kel S­haun Ven­ter sal van­dag in Wel­ling­ton wil wys dat hy ’n plek in die S­pring­bok­groep ver­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.