Kings­klap dalk net reg­te doe­pa vir Haaie

Ro­bert: He­le s­pan moet op­staan teen Sun­wol­ves Ons moet vol­gens ons sterk­pun­te speel en die agt­tal sal be­slis die sleu­tel wees. Die doel­wit is dat ons ’n e­nor­me po­ging in­sit.

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Haaie het deur die loop van die sei­soen ge­wys hul­le kort eers ’n paar taai klap­pe voor­dat hul­le op al­le sui­ers vuur. En ver­le­de week het die Sout­hern Kings hul­le die moe­der van al­le taai klap­pe ge­gee.

Die Haaie het toe met 32-35 teen die Kings in Port E­li­za­beth ver­loor, maar hul­le sal moed put uit die feit dat hul bes­te ver­to­nings van­jaar op die gol­we van vrot ver­to­nings ge­kom het. Dít spel ge­vaar vir die Sun­wol­ves, wat die Dur­ba­nie­te van­dag in Sin­ga­poer vir dié span­ne se Su­per­rug­by-krag­me­ting ver­wel­kom.

Toe die Haaie vroe­ër van­jaar net-net (19-17) met die Kings af­ge­re­ken het, het hul­le die daar­op­vol­gen­de week die C­hee­tahs ge­mak­lik in Bloem­fon­tein gaan klop.

La­ter het die Mel­bour­ne Re­bels ’n ge­lyk­op­uit­slag in Dur­ban uit­ge­wurg. Die vol­gen­de Sa­ter­dag het die Haaie die Ja­gua­res in Ar­gen­ti­nië met ’n puik ver­to­ning ver­slaan.

Ro­bert du P­reez, die Haaie se brei­er, sal die­self­de durf die na­week ver­wag.

“Ek wil hê dat die he­le s­pan moet op­staan. Die doel­wit is dat ons ’n e­nor­me po­ging in­sit. Dit is wat ons teen die Kings no­dig ge­had het,” sê Du P­reez.

Hy het weer be­klem­toon dat die s­pan se ver­to­ning teen die Kings bloot nie goed ge­noeg was nie. “Die ver­to­ning was vrot, hul­le het ons oor­don­der en met meer gees­drif as ons ge­speel. Met die groep wat ons tot ons be­skik­king het, is dit on­aan­vaar­baar. Ek is moeg daar­voor om ver­sko­nings vir die spe­lers te maak en ek maak nie ver­sko­nings nie. Dit was een­vou­dig nie goed ge­noeg vir ’n s­pan van dié ka­li­ber nie.”

Vol­gens die brei­er kan sy voor­spe­lers Sa­ter­dag die sleu­tel wees.

“Ons moet vol­gens ons sterk­pun­te speel en die agt­tal sal be­slis die sleu­tel wees.”

Garth A­pril, die los­ska­kel, sal ’n groot ver­ant­woor­de­lik­heid teen die Sun­wol­ves hê. As sy voor­spe­lers hom op die voor­voet kan kry, sal hy die wed­stryd moet be­heer.

Die Haaie is deur ver­skeie be­se­rings ont­wrig, maar hul­le be­hoort steeds ge­noeg skiet­goed te hê om met die Sun­wol­ves af te re­ken. Die be­soe­kers sal eg­ter moet se­ker maak hul­le hou S­hota Emi, die Sun­wol­ves se vleu­el, met ’n valk­oog dop, want hy kan a­mok saai as hy te veel be­weeg­ruim­te ge­gun word.

Fo­to:

Garth A­pril, die Haaie se los­ska­kel, sal Sa­ter­dag in Sin­ga­poer ’n be­lang­ri­ke rol hê. GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.