Dís wat Bul­le van­dag moet ver­hoed

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Lo­gi­ka en ge­son­de ver­stand sê vir jou daar is net een s­pan wat van­dag se Juk­skei-der­by kan wen – en dit is nié die s­pan noord van dié ri­vier nie.

Maar nou weet ons al­mal nou ook al dat rug­by­wed­stry­de nie al­tyd deur lo­gi­ka en ge­son­de ver­stand ge­wen word nie.

Dit was gis­ter pre­sies tien jaar se­dert die Bul­le in 2007 vir die eer­ste keer die Su­per-ti­tel ge­wen het. Maar die diep moe­ras waar­in hul­le hul nou be­vind, dien net as her­in­ne­ring aan hoe lank ’n de­ka­de kan wees.

Die P­re­to­ri­a­ners is ’n ska­du van die s­pan wat al­les in die laas­te helf­te van die vo­ri­ge de­ka­de voor hul­le weg­ge­vee het. Die Suid-A­fri­ka­ners wat dít nou met die groot­ste ge­mak doen, is dees­dae die Leeus.

Op pa­pier is daar dus geen an­der voor­spel­ling om te maak nie as dat die Bul­le van­dag op El­lis­park ’n jag­veld be­tree waar­uit hul­le nie on­ge­wond sal stap nie.

Maar dié wed­stryd vind nie op pa­pier plaas nie. Daar is heel­wat fak­to­re wat op die rug­by­veld ’n rol speel as on­lang­se uit­slae, lo­gi­ka of ge­son­de ver­stand. En dit is waar daar ver­ras­sen­de en soms on­ver­klaar­ba­re uit­slae van­daan kom.

Jy gaan nie veel we­sens dap­per ge­noeg kry wat ’n geld­jie sal ver­wed dat die Bul­le die Leeus Sa­ter­dag in die leeu­kuil op El­lis­park tot oor­ga­we gaan dwing nie.

Tog sien die Leeus sa­ke in ’n an­der lig.

“Hier­die gaan ’n heng­se wed­stryd wees,” sê War­ren W­hi­te- ley, die Leeus se kap­tein.

“Jy kan net een­vou­dig nie­mand in hier­die kom­pe­ti­sie on­der­skat nie,” waar­sku hy.

“Dit is die mak­lik­ste hoe jy om­ge­dop word as jy ’n se­ge as van­self­spre­kend wil aan­vaar. Jy durf nie so ar­ro­gant wil wees nie.

“Ons weet die Bul­le veg vir hul le­we en dit maak hul­le baie ge­vaar­lik. ’n S­pan wat in ’n hoek vas­ge­keer is, is al­tyd ’n ge­vaar­li­ke een. Hul­le sal vas­be­slo­te wees om ons hier by die huis te kom klop.

“Hul­le sal voel hul­le het niks om te ver­loor nie en juis daar­om moet ons op ons hoe­de wees,” sê hy.

Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus se af­rig­ter, stem saam.

“Die Bul­le gee ’n klomp jong ou­ens speel­kans en hul­le wil juis iets be­wys. Hul­le gaan ’n baie taai s­pan wees,” sê hy.

W­hi­te­ley sê die Leeus kan hul­le ver­een­sel­wig met die po­si­sie waar­in die Bul­le hul­le nou be­vind, “want ons was self ’n paar jaar te­rug waar hul­le nou is. Ons weet waar­deur hul­le nou gaan.”

Speel die Leeus soos hul­le kan, be­hoort hul­le nog ’n se­ge ag­ter hul naam te skryf.

“Ons is in ’n goeie plek wat ons spel en in­ge­steld­heid be­tref. Hier­die is nou ’n be­lang­ri­ke fa­se van die toer­nooi en dit is be­lang­rik dat ons in­ge­steld­heid reg is.

“Al gaan din­ge goed, moet ons ons­self die heel­tyd daar­aan her­in­ner dat ons nog niks be­reik het nie. Daar­om kan niks as van­self­spre­kend aan­vaar word nie,” sê W­hi­te­ley.

“Dit is lek­ker om weer by die Fo­to’s: GALLO IMAGES huis te wees en hier voor ons eie men­se te kan speel ná die toer in Aus­tra­lië. Ons wil hul­le graag be­loon vir hul on­der­steu­ning en hoop om ’n see van rooi truie te sien wan­neer ons op die veld draf,” sê W­hi­te­ley.

Daar is ook ver­skeie in­di­vi­due wat nog vir ou­laas die S­pring­bok-keur­ders se aan­dag op hul­le kan ves­tig voor­dat die groep teen die Fran­se Dins­dag aan­ge­kon­dig word.

Hier dink jy aan die Leeus se Ross Cron­jé, El­ton Jan­tjies, An­dries Coet­zee, Li­o­nel Ma­poe, Fran­co Mos­tert, Mal­colm Marx en Ru­an D­rey­er en die Bul­le se Jan Ser­fon­tein, Jes­se K­riel, Ru­dy Pai­ge, Lood de Ja­ger en T­re­vor Ny­a­ka­ne.

Die Leeus is van­jaar weer die ene ka­pok­haan in die Su­per­reeks en Li­o­nel Ma­poe is net een van dié wat die Bul­le van­dag grys­ha­re kan gee.

Nol­lis Ma­rais en sy Bul­le is on­der groot druk om hul on­der­steu­ners uit­ein­de­lik weer ’n slag te laat glim­lag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.