Huis vir lek­ker ont­haal is ook veel­sy­dig

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief Een van die e­le­gan­te slaap­ka­mers.

Met ’n puik straat­a­dres in die ge­sog­te en boom­ry­ke Mil­ner­straat, skaars vyf mi­nu­te se stap van die Wa­ter­kloof P­ri­ma­ry S­chool, as­ook ge­rief­lik na­by plaas­li­ke re­stau­rant­jies en ’n hoek­ka­fee, is hier­die ju­weel van ’n ei­en­dom die i­de­a­le hol­te vir jou voet in die hart­jie van Ou Wa­ter­kloof. Die se­ku­ri­teit is van die boon­ste rak­ke en die ei­en­dom is ge­rief­lik, stil en ui­ters pri­vaat in ’n pyp­stee­lerf ge­leë.

Die sta­ti­ge en gra­si­eu­se ou wo­ning is met fyn styl en smaak op­ge­gra­deer son­der om die oor­spronk­li­ke ar­gi­tek­to­nie­se in­te­gri­teit van die hoof­huis prys te gee.

’n Prag­ti­ge ou­ten­tie­ke o­re­gon­den-voor­deur met lood­glas­ven­sters nooi jou na bin­ne waar die ruim­te en at­mos­feer van die aan­een­vloei­en­de leef­ge­bie­de jou da­de­lik laat tuis voel.

Die hoof­huis pronk met vier slaap­ka­mers en drie bad­ka­mers wat ver­klein kan word tot t­wee ruim slaap­ka­mers en t­wee bad­ka­mers met baie in­ge­bou­de kas­te wat uit­loop op ’n son­ni­ge noord­front-stoep.

Hoë pla­fon­ne, prag­ti­ge be­lig­ting en ’n oog­trek­ker-kag­ge­l­a­rea maak ge­sel­li­ge kui­er moont­lik – win­ter of so­mer. En dit geld vir bin­ne én bui­te . . . Groot deu­re lei van die leef­ge­bie­de na ’n sen­tra­le on­der­dak-plaas­stoep wat op die prag­ti­ge, ge­ves­tig­de tuin uit­kyk. En dank­sy ’n sterk boor­gat en be- sproei­ing­stel­sel is die tuin nie net lo­wer­ryk nie, maar ook kos­te­doel­tref­fend.

Die eet­ka­mer en se­mi-oop­plan­kom­buis het ’n dub­be­le oog­hoog­te- e­lek­trie­se oond, as­ook een met gas­ver­bin­ding. Dit is prak­ties en ge­rief­lik naas me­kaar ge­plaas. Van­uit die kom­buis het ’n mens ook di­rek­te kon­tak met die bui­te- ont­haal­stoep wat lek­ker kui­er ek­stra ge­sel­lig en mak­lik maak. Om al­les te kroon, is daar ’n groot was- en stryk­ka­mer bui­te, as­ook ’n pak­ka­mer vir tuin­toe­rus­ting.

Wat dié wen­wo­ning boon­op be­son­der veel­sy­dig maak, is die slim ont­werp wat ’n mens in staat stel om met die toe­maak van een bin­ne­deur-ver­bin­ding t­wee vol­le­dig toe­ge­rus­te en self­on­der­hou­den­de woon­stel­le te skep wat ver­huur kan word vir ek­stra in­kom­ste. Woon­stel een sou dan be­staan uit ’n oop­plan­sit­ka­mer met ’n kom­bui­sie en af­son­der­li­ke slaap- en bad­ka­mer as­ook ’n pri­va­te bui­te-in­gang. Woon­stel t­wee sou ek­stra ruim wees, met al­le no­di­ge toe­be­ho­re en ’n pri­va­te ont­haal­a­rea bui­te. Dit sou ook as ’n kan­toor of a­tel­jee ge­bruik kon word.

Die se­ku­ri­teit van hier­die pri­va­te, rus­ti­ge en boom­ry­ke wo­ning is uit­mun­tend en be­staan uit ’n puik a­larm­stel­sel, e­lek­trie­se hei­ning, in­fra­rooi stra­le en muur reg rond­om.

Die sit­ka­mer en kag­gel is die vol­maak­te kom­bi­na­sie van ou­wê­reld­se gra­sie en nu­wer­wet­se styl.

Die goed toe­ge­rus­te kom­buis is langs die eet­ka­mer.

Die voor­deur het lood­glas­ven­sters.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.