Vir bok­s­koek is Her­man nie bang

Her­man Len­sing vertel meer oor sy kos­kort­paaie, kos­nuut­jies en kre­a­tie­we e­ner­gie.

Beeld - - Leefstyl - ERRIEDA DU TOIT

Pas te­rug van ’n war­rel­wind­be­soek aan New York en Washing­ton en daar is nie ’n sweem­pie vuis­voos­heid by Her­man Len­sing, die kos­re­dak­teur van Sa­rie en Sa­rie Kos, te be­speur nie.

’n Mens kan ver­staan hoe­kom hy so tuis ge­voel het in New York, die stad wat nooit slaap nie: Hy het óók nie ’n af-knop­pie nie.

Hy lag oor my vraag waar sy kre­a­tie­we e­ner­gie van­daan kom, en waar sy ek­stra stel spie­re sit om el­ke drup­pel uit el­ke se­kon­de te tap – hy het ’n nu­we te­le­vi­sie­reeks, Ok­ka­sie-in­spi­ra­sie, die nu­we uit­ga­we van Sa­rie Kos on­der sy so­lo-kos­re­dak­teur­skap is pas op die rak­re, en sy der­de kook­boek is in die pyl­vak.

“Dank­baar­heid is my brand­stof. Ek is eint­lik net die som van die men­se rond­om my wat my ge­leent­he­de gee en toe­laat om te kan droom.”

Jou dro­me vir Sa­rie Kos?

“Om te wys dat ons steeds SuidA­fri­kaan­se geu­re kan vier son­der om vas te val in die ver­le­de. Om nie bang te wees vir nu­wig­he­de nie. Kos kan vo­ren­toe be­weeg son­der om ou be­ken­des te ver­loor, soos my ma se pam­poen­koe­kies met mi­so-ka­ra­mel en Tan­nie Pop­pie se pam­poen­tert met spek-en-a­man­del­krum­mels op die voor­blad van die 50ste uit­ga­we.”

Ek pols hom oor sy groot­ste fla­ter. “Die on­der­ste­bo ap­pel­koek vir ’n baie spe­si­a­le kui­er wat ek bui­te ge­los het om af te koel. Die koek is nog steeds weg en my hond Va­nil­la lyk baie ge­luk­kig.”

Groot ver­an­de­ring op die kos­to­neel?

“In ’n tyd wat ons om­ring is met sleg­te nuus en vals nuus, soek men­se nou die waar­heid oor wat in ons pot­te en mon­de in­gaan.”

Hy spreek hom wel sterk uit oor kos­foe­fies. “Die erg­ste is diep­vet-ge­braai­de room­ys. Ek kom van U­ping­ton af waar jy wil weg­bly van warm goed.”

Foodies sal hom se­ker wil krui­sig oor sy uit­kyk op ge­riefs­pro­duk­te. “Ek’s nie skaam om iets soos bok­s­koek in te s­pan om mal­va­poe­ding te maak nie. Maar vat net die kort­pad as dit nie die smaak be­na­deel nie. Tyd is nie al­tyd aan le­sers se kant nie. Kort­paaie hou hul­le aan die kook tot hul­le tyd het vir die lang­pad.”

Is men­se skrik­ke­rig om jou te nooi vir ete?

“Ja, ek weet nie hoe­kom nie. Die sa­me­syn is al­tyd be­lang­ri­ker as om my tong te be­ïn­druk.”

En jou wen­ke vir e­ko­no­mie­se kui­er­kos?

“Leer om meer met maal­vleis te doen as net bo­log­ne­se.”

Die sjef wat jy nog wil ont­moet?

Mas­si­mo Bot­tu­ra, die bes­te I­ta­li­aan­se sjef ter we­reld. Hy is eer­lik, mal en kook met oor­ga­we.

Her­man Len­sing

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.