Hoen­der met po­me­lo, kruie

Beeld - - Leefstyl -

Jy be­no­dig vir 8 men­se:

2 uie, ge­kap 10 snye brood 3 wie­le fe­ta­kaas hand­vol sag­te kruie (pie­ter­sie­lie, sa­lie en o­ri­ga­num) 2 rooi po­me­lo’s sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 1 hoen­der, bors­kar­kas ver­wy­der (vra jou slag­ter) 2 knof­fel­knol­le, oor­langs ge­hal­veer 500 ml hoen­der­af­trek­sel 250 ml wit­wyn 200 g bot­ter

Só maak ’n mens:

1. Ver­hit oond tot 180 °C. Plaas uie, brood, fe­ta en kruie in voed­sel­ver­wer­ker. Ver­pulp teen hoë spoed tot grow­we klam meng­sel vorm. 2. Ras­per skil van po­me­lo’s by en geur met sout en pe­per. Druk vul­sel in die buik­hol­te van die hoen­der. 3. Plaas knof­fel­hal­wes met ge­sny­de kant na bo in oond­braai­bak en pak hoen­der bo­op. Gooi af­trek­sel en wyn by. Geur goed met sout en pe­per. 4. Skil po­me­lo en pak seg­men­te rond­om. S­tip hoen­der met bot­ter. Maak die bak toe en oond­braai 2 uur of tot hoen­der sag en gaar is. ) Re­sep­te en fo­to’s met ver­gun­ning Sa­rie Kos. Die 50ste uit­ga­we is nou op die rak. ) S­ka­kel in op Ok­ka­sie­in­spi­ra­sie, Maan­dae om 18:30 op VIA, DSt­v­ka­naal 147.

In­druk­wek­ken­de kos wat mak­lik is om te maak en kre­a­tie­we kom­bi­na­sies is Her­man se hand­te­ke­ning, soos dié hoen­der­re­sep in Sa­rie Kos se nuut­ste uit­ga­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.