O­li­fant storm, val jag­ter dood

An­der skiet toe dier op hul af­pyl

Beeld - - Front Page - E­li­se Tem­pel­hoff

’NO­li­fant­koei wat “as­of uit die niet” op ’n jag­ge­sel­skap af­ge­pyl het, het ’n groot­wild­jag­ter dood­ge­val toe ’n an­der jag­ter haar van na­by dood­ge­skiet het.

T­heu­nis Bo­tha (51), ’n pro­fes­si­o­ne­le groot­wild­jag­ter van T­za­neen, was Vry­dag op ’n eks­pe­di­sie om pro­bleem­o­li­fan­te na­by H­wan­ge in Zim­bab­we te jag.

Tim S­chultz, ei­e­naar van Ku­ron­da-sa­fa­ri’s in Zim­bab­we en ’n lid van die jag­ge­sel­skap, het gis­ter­mid­dag ge­sê die skie­ter is erg ge­trau­ma­ti­seer.

“Maar as hy die o­li­fant­koei nie ge­skiet het nie, sou sy T­heu­nis be­slis dood­ge­maak het.”

S­chultz sê hy was lid van Bo­tha se jag­ge­sel­skap van ses wat die pro­bleem­die­re bui­te H­wan­ge moes gaan dood­skiet.

Hul­le was laat­mid­dag in ’n dig be­bos­te ge­bied in G­wayi in Noord-Ma­ta­be­le­land toe hul­le skie­lik deur ’n trop o­li­fan­te met baie kal­wers om­ring is.

Vol­gens hom het drie o­li­fant­koeie op die jag­ge­sel­skap af­ge­storm.

Bo­tha het op hul­le ge­skiet in ’n po­ging om hul­le te ver­wil­der.

’n Vier­de o­li­fant het “as­of uit die niet ge­kom” en die jag­ge­sel­skap van die kant af be­storm.

Een van die jag­ters het toe op kort af­stand op die woe­den­de o­li­fant­koei ge­skiet.

Sy het dood neer­ge­val en bo­op Bo­tha te lan­de ge­kom.

Hy sê die ge­sel­skap het per­mit­te van die Zim­bab­wie­se park-en-wilda­gent­skap ge­had om spe­si­fie­ke o­li­fan­te te gaan skiet.

“Dit was glad nie ons be­doe­ling om op die teel­trop te skiet nie.”

S­chultz sê hy is self erg ge­trau­ma­ti­seerd.

Co­bie Kemp, ’n vriend van Bo­tha, het gis­ter­og­gend oor hom ge­sê: “’n Jag­le­gen­de met ’n groot lief­de en re­spek vir die na­tuur is dood op die plek waar­voor hy die lief­ste was: die jag­veld.”

Vol­gens Kemp was hy drie we­ke ge­le­de saam met Bo­tha in Zim­bab­we om pro­bleem­o­li­fan­te te jag.

“Dit is ’n er­va­ring wat ek nooit sal ver­geet nie,” sê hy.

S­chultz sê o­li­fan­te en leeus pla die dor­pies om H­wan­ge ge­reeld.

“Ons was op pad om daar­die die­re te gaan skiet.”

Die Pro­fes­si­o­ne­le Jag­ters­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (P­ha­sa) het in ’n kort bood­skap op sy Fa­ce­book-blad ge­sê die jag­ge­meen­skap be­treur Bo­tha se tra­gie­se en on­ty­di­ge dood.

“Ons har­te en ge­be­de gaan uit na sy fa­mi­lie en vrien­de.”

Bo­tha word oor­leef deur sy vrou, Ca­ri­ke, en hul vyf kin­ders, Ma­ri­ke Louw (26), Li­za (21), Car­men (21), Y­von­ne (12) en T­heuns (8).

Bo­tha was die ei­e­naar van T­heu­nis Bo­tha Big Ga­me Sa­fa­ris and Hounds.

Hy was ver­al be­kend as ’n spe­si­a­lis in lui­perd­jag.

Hy het meest­al met sy hon­de ge­jag. Bo­tha word in jag­krin­ge be­skryf as die Suid-A­fri­kaan­se pi­o­nier wat die tra­di­si­o­ne­le Eu­ro­pe­se stei­er­jag ( dri­ven hunts) na die land ge­bring het.

Bo­tha het A­me­ri­ka ge­reeld be­soek om groot­wild­jag­ters na Sui­der-A­fri­ka te nooi vir tro­fee­jag­tog­te.

Vol­gens S­chultz praat hy ge­reeld met Ca­ri­ke. “Sy is ’n baie sterk vrou. “Hul­le is van plan om sy oor­skot van­dees­week Suid-A­fri­ka toe te bring,” sê S­chultz.

Ver­skeie men­se het hul me­de­lye met die Bo­tha-ge­sin op Fa­ce­book uit­ge­spreek.

Ca­ri­ke kon nie gis­ter te­le­fo­nies be­reik word nie.

Bo­tha was ’n baie goeie vriend en jag­maat van S­cott van Zyl (44) van SS Pro Sa­fa­ris van Mar­ken in Lim­po­po wat ver­le­de maand in Zim­bab­we deur ’n kro­ko­dil dood­ge­maak is.

’n Jag­le­gen­de is dood op die plek waar­voor hy die lief­ste was: die jag­veld. — VRIEND

Fo­to: FA­CE­BOOK

Die Bo­tha­ge­sin. Ag­ter is Ma­ri­ke Louw (26), Li­za (21) en Car­men (20). Voor is Ca­ri­ke en T­heu­nis by Y­von­ne (12) en T­heuns (8).

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.