‘He­re sal nie oor­deel oor één Son­dag nie’

Beeld - - Front Page -

Die He­re het ons vry­ge­koop en selfs al speel ons op ’n Son­dag rug­by, sal ons dit tot Sy eer doen.

Die He­re sal hul­le da­rem nie oor­deel oor een wed­stryd wat op ’n Son­dag ge­speel word nie, sê Jo­han Ac­ker­mann, af­rig­ter van die Leeus se rug­by­span, oor Son­dag se Su­per­stryd op El­lis­park teen die Kings.

“Jy moet in elk ge­val nie net op ’n Son­dag ’n goeie mens wil wees nie, maar el­ke lie­we dag van jou le­we.

“Selfs deur op ’n Son­dag rug­by te speel, kan ons Hom dien, want dit is juis ons stre­we om die He­re te dien met ons spel,” sê Ac­ker­mann.

Hy gee toe dit is nie “i­de­aal” om een van hul wed­stry­de op ’n Son­dag te moet speel nie, “maar dit is nou maar hoe din­ge ge­raak het in die pro­fes­si­o­ne­le era.

“Die He­re het ons vry­ge­koop en selfs al speel ons op ’n Son­dag rug­by, sal ons dit tot Sy eer doen. In­dien daar spe­lers is wat ge­we­tens­be­swaar het om op ’n Son­dag te speel, sal ons dit eer­bie­dig en hul­le nie dwing om te speel nie.”

Hy voor­sien ’n kwaai aan­slag van die Kings, wat vol­gens hom nou net die teen­oor­ge­stel­de soort span is as die Bul­le, wat Sa­ter­dag met 51-14 af­ge­slag is in die Leeu­kuil.

“Die Kings is ’n baie ge­vaar­li­ke span. Ons sal moet lig loop vir hul­le, want hul­le speel met baie self­ver­troue en glo in hul­self. Dit maak hul­le ’n baie moei­li­ke teen­stan­der.

“Hier­die is ’n baie be­lang­ri­ke fa­se van die toer­nooi. Ons moet ge­fo­kus wees en kan dit nie be­kos­tig om hier net voor die on­der­bre­king vir die in­ter­na­si­o­na­le reeks wed­stry­de te gly nie,” sê Ac­ker­mann.

Aan­ge­sien 11 van sy spe­lers die eer­ste paar dae van die week deel is van die S­pring­bok­oe­fen­kamp in Jo­han­nes­burg, word sy voor­be­rei­ding vir die Kings-wed­stryd nog ver­der ont­wrig.

Chris­to Bu­ch­ner

Fo­to: GALLO IMAGES

Jo­han Ac­ker­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.