‘51-­14 nie goed ge­noeg’

Leeus sak tóé uit

Beeld - - Front Page - Chris­to Bu­ch­ner

Die kloof tus­sen die noor­de­li­ke bu­re het nou só wyd ge­word dat selfs ’n se­ge met 51-14 die Leeus laat brom dat hul ver­to­ning net nie goed ge­noeg was nie.

Só iets sou mos ’n de­ka­de ge­le­de on­ge­hoord ge­wees het in die glo­rie­dae van die Bul­le en ver­tel die ver­haal van hoe die een span die leer van suk­ses ge­klim het in die laas­te paar ja­re, ter­wyl die an­der in vry­val is na die don­ker diep­tes van die rug­by­wê­reld.

“’n Ver­to­ning soos hier­die sal nie goed ge­noeg wees teen die Nieu-See­land­se span­ne nie. Teen hul­le moet jy vir 80 mi­nu­te speel soos wat ons van­dag in die eer­ste helf­te ge­doen het en nie uit­sak in die twee­de helf­te nie,” het Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus-af­rig­ter, ge­sê na­dat sy span se­we drieë teen twee ge­druk het teen die Bul­le op El­lis­park.

“Daar­die ver­to­ning in die eer­ste helf­te (die Leeus het toe reeds met 39-14 voor­ge­loop) was een van die bes­tes wat ek nog van die span ge­sien het, maar in die twee­de helf­te was dit te­leur­stel­lend en glad nie goed nie.

“Ons het toe heel­te­mal té veel kan­se ver­lo­re laat gaan en jy sal nie só kan wen teen die Ni­euSee­land­se span­ne nie,” het Ac­ker­mann er­ken.

Wat die skou­spel­ag­ti­ge te­rug­keer van die S­pring­bok-vleu­el Ru­an Com­brinck be­tref, het Ac­ker­mann ge­sê die be­sluit is ge­neem om hom te laat be­gin na­dat Syl­vi­an Ma­hu­za laat in die week ’n been­be­se­ring op­ge­doen het.

“Die lo­gie­se stap sou wees om An­tho­ny (Vol­mink) van die plaas­ver­van­ger­bank op te skuif, maar ons het ’n skop­per met ’n lin­ker­voet no­dig ge­had en daar­om is Ru­an toe in­ge­bring,” sê hy.

Ac­ker­mann was ook vol lof vir die ver­bys­te­ren­de vaart wat die vas­kop­stut Ru­an D­rey­er ge­wys het vir sy drie.

“As ek hy (D­rey­er) was, sou ek oor en oor na daar­die vi­de­oop­na­me ge­kyk het. Dis ’n baie spe­si­a­le drie,” sê hy van sy stut.

Ac­ker­mann het ook die S­pe­ler van die Wed­stryd, K­wag­ga S­mith, se ver­to­ning as “fe­no­me­naal” be­skryf.

Die agt­ste­man en kap­tein, War­ren W­hi­te­ley, het ge­sê hy het aan­vank­lik nie ge­dink die drie wat hy ge­druk het, sou toe­ge­ken word nie.

“My oë was toe toe ek die bal ge­druk het.

“Ek het reg­tig nie ge­dink ek het dit ge­maak nie,” het hy ge­glim­lag.

Fo­to: GALLO

An­dries Coet­zee (links) en K­wag­ga S­mith op die aan­val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.