‘En­ge­le glim­lag vir wie ook al by ANC aan­sluit’

Beeld - - Nuus - – News24

“Wie ook al by die ANC aan­sluit, is ge­se­ënd. Selfs die en­ge­le glim­lag as hul­le na jou kyk,” het pres. Ja­cob Zu­ma op ’n ANC-saam­trek in N­qut­hu, K­waZu­lu-Na­tal, ge­sê.

Hy was gis­ter in die dorp voor ’n tus­sen­ver­kie­sing wat Woens­dag ge­hou word.

Die stads­raad is in Fe­bru­a­rie deur die K­waZu­lu-Na­tal­se re­ge­ring ont­bind om­dat hy teen daar­die tyd nog nie sy lei­ers, ’n bur­ge­mees­ter en spea­ker in­kluis, aan­ge­wys het ná die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in Au­gus­tus ver­le­de jaar nie.

Zu­ma het ge­sê die ANC sal sy stryd om grond voort­sit.

“Men­se is ver­wy­der van vrug­ba­re grond en na klip­pe­ri­ge om­ge­wings ge­skuif wat hul­le nie eens kan ge­bruik om te boer nie.”

Hul­le sal nie op­hou met die veld­tog tot­dat hul­le die grond te­rug­ge­kry het nie, sê hy.

Vol­gens Zu­ma sal die land eers werk­lik vry wees wan­neer e­ko­no­mie­se vry­heid ver­werf word.

“Die e­ko­no­mie moet op so ’n ma­nier saam­ge­stel word dat ons voor­deel uit ons land se e­ko­no­mie trek.

“Die e­ko­no­mie moe­nie net oor­see gaan en ons arm los nie,” het Zu­ma ge­sê.

Oor die EFF het hy ge­sê: “Daar is men­se, wie se na­me ek ver­geet, wat in­ge­stem is om re­des wat ek nie weet wat dit is nie. Hul­le het ge­sweer om die ka­bi­net te ver­hin­der om re­ge­rings­pro­gram­me te be­spreek en nu­we wet­te in die Grond­wet te bring,” het Zu­ma ge­sê.

Hy het ge­sê ge­woon­lik is dit vir dié in klei­ner par­tye nie lek­ker om in ’n par­ty te wees wat al­tyd ver­loor nie.

“As jy jou re­des het om in daar­die par­ty te bly ter­wyl jy weet hul­le sal nie wen nie, bly stil en stem in die ge­heim vir die ANC.” Dié par­tye sal nooit re­geer nie. Moe­nie stem vir dié “wat te veel praat” en “bla­tan­te leu­e­naars” is nie, het hy ge­sê.

“Stem vir die par­ty wat ver­an­de­ring te­weeg sal bring en diens­te in N­qut­hu sal le­wer.”

As men­se vir die ANC stem, sal daar vre­de en een­heid in die N­qut­hu-mu­ni­si­pa­li­teit wees, sê hy.

“As daar nie vre­de is nie, word dit moei­lik om diens­te te le­wer.”

Die ANC is die e­nig­ste par­ty wat ar­moe­de, on­ge­lyk­heid en werk­loos­heid in die land kan uit­wis, sê hy.

Sihle Zi­ka­la­la, die ANC se voor­sit­ter in K­waZu­lu-Na­tal, het men­se ge­kri­ti­seer wat nie meen dat vroue lei­ers­vaar­dig­he­de het nie.

“Aan dié wat vir ons wil sê vroue het nie die vaar­dig­he­de om te lei nie, wil ons graag sê toe jy op ’n jong ou­der­dom by die st­rug­gle aan­ge­sluit het, was daar vrou­e­lei­ers. Toe ons aan­ge­sluit het, was daar vroue wat die UDF, Umk­hon­to weSi­z­we (MK) en on­der­grond­se struk­tu­re ge­lei het.”

Die ANC in K­waZu­lu-Na­tal het in die o­pen­baar ge­sê hul­le wil hê dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die A­fri­ka-U­nie, moet die vol­gen­de pre­si­dent wees, sê Zi­ka­la­la.

Daar is ou­er mans wat nie in MK of op Rob­ben­ei­land was nie en eers in 1990 op die voor­grond ge­tree het.

“Ons sal die­ge­ne ver­kies wat hul­le tot die be­vry­ding­stryd ver­bind het,” sê hy.

Zu­ma het ANC-le­de ge­vra om ’n oom­blik van stil­te te hand­haaf vir vroue wat on­langs ver­moor is.

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, en Man­go­sut­hu But­he­le­zi, IVP-lei­er, was ook gis­ter in N­qut­hu om stem­me vir hul par­tye te werf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.