Mi­nis­ter glo sek­s­pes

Aan­ty­gings kan po­li­tie­ke dood vir Jeff be­te­ken

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die “ge­rin­ge” kans wat Jeff Radebe, be­plan­nings­mi­nis­ter in die pre­si­den­sie ver­ant­woor­de­lik vir mo­ni­te­ring en e­va­lu­e­ring, ge­had het om die ANC-pre­si­dent en staats­hoof te word, het dié na­week ver­skraal.

Hy word by ’n reeks seks-SMS’e en -e-pos­se be­trek is waar­in hy glo ’n jong werk­ne­mer van die U­nie­ge­bou in P­re­to­ria vir naak­fo­to’s van haar ge­vra het.

Radebe is in Ja­nu­a­rie deur se­ke­re ANC-tak­ke ge­vra om sy naam in die hoed te gooi as op­vol­ger vir pres. Ja­cob Zu­ma as ANC-lei­er en dus moont­lik staats­hoof.

Lui­dens ’n be­rig in Sun­day Ti­mes het Radebe vir Siy­a­sanga M­bam­ba­ni (29), ’n pre­si­den­si­ë­le fo­to­graaf, vir fo­to’s van haar ge­slags­de­le ge­vra.

Die SMS- en e-pos­kor­re­spon­den­sie tus­sen haar en Radebe da­teer glo van 2014.

T­wit­ter het gis­ter ge­gons oor Radebe se be­weer­de ver­soek aan M­bam­ba­ni na­dat ’n skerm­greep van die sel­foon­teks­bood­skap­pe ge­pu­bli­seer is.

M­bam­ba­ni is na be­rig word deur die re­ge­rings­in­lig­tings­diens (GCIS) ge­skors weens klag­te wat ver­band hou met be­weer­de “on­be­hoor­li­ke ge­drag” en haar kle­re­drag.

Radebe (64) is die ANC se be­leids­hoof en het se­dert 1994 in el­ke ka­bi­net ge­dien.

Po­gings om kom­men­taar van die pre­si­den­sie en Radebe se kan­toor te kry, was gis­ter vrug­te­loos.

Ook die ANC-woord­voer­ders kon nie gis­ter vir kom­men­taar be­reik word oor dié kwes­sie nie.

An­dré Du­ven­ha­ge, po­li­tie­ke ont­le­der van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, sê hy dink Radebe “is op ’n ma­nier geteiken”.

Hy weet nie of die ver­soek vir die fo­to die “ein­de van die wê­reld is nie”.

“Ek wil nie sy op­tre­de goed­praat nie, maar hy is waar­skyn­lik geteiken weens sy po­li­tie­ke lo­ja­li­tei­te.

“Ons weet sy stand­punt is taam­lik an­ti-Zu­ma. Ons weet Zu­ma funk­si­o­neer en werk deur die vei­lig­heids­in­stel­lings.”

Du­ven­ha­ge glo ook die tyds­be­re­ke­ning is baie in­te­res­sant om­dat dit saam­val met die stryd teen ver­krag­ting van en moord op vroue en mei­sies.

“Ek weet nie of hy ooit ’n sterk kan­di­daat vir die ANC-pre­si­dent­skap was nie, maar ek lees meer on­der die op­per­vlak as net die fo­to’s.

“Ek dink ’n mens kan ver­moed ie- mand staan ag­ter die deur,” sê Du­ven­ha­ge.

Prof. Su­san Booy­sen, po­li­tie­ke ken­ner aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand, het by na­vraag ge­sê dit is jam­mer dat ’n ho­ë­pro­fiel­kan­di­daat met so­veel sme­rig­heid ver­bind word.

“Die sel­foon­bood­skap­pe wat ge­deel is, laat ’n baie on­smaak­li­ke ge­voel.

“Dit is am­per on­denk­baar dat so ie­mand am­bi­sie kan hê om die pre­si­dent­skap na te streef.”

Oor of die ANC-pre­si­dent­skap dus neu­sie ver­by is vir Radebe, sê Booy­sen in die po­li­tiek weet ’n mens nooit nie.

“Ek dink hy het in elk ge­val nie ’n baie goeie kans ge­had nie.

“Die ge­rin­ge kans wat hy dalk as ’n moont­li­ke ANC-kom­pro­mis­kan­di­daat ge­had het, het wel nou klei­ner ge­word.”

Fo­to: LEANNE STANDER

Jeff Radebe

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.