‘2de N­kand­la’: DA eis drin­gen­de on­der­soek

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die DA eis dat LP’s da­de­lik gaan kyk wat aan­gaan by die “twee­de N­kand­la”, ’n “kul­tuur­dor­pie” wat na­by die Zoe­loe­ko­ning Good­will Z­we­li­thi­ni se pa­leis in wor­ding is.

Die dor­pie se bou­kos­te kan lui­dens be­rig­te van so­wat R225 mil­joen tot meer as R1 mil­jard styg.

Son­dag­koe­ran­te het gis­ter be­rig oor die pro­jek in K­waZu­lu-Na­tal wat glo stil­staan te mid­de van ’n on­der­soek deur die Val­ke.

Daar word glo al van die dor­pie ge­praat as die twee­de N­kand­la, ’n ver­wy­sing na pres. Ja­cob Zu­ma se pri­va­te woon­kom­pleks waar­aan R246 mil­joen be­stee is vir on­der meer op­knap­pings­werk.

Rap­port het be­rig R132 mil­joen is vir die kul­tuur­dor­pie be­groot, maar daar is tans net ’n sink­af­dak, half­vol­tooi­de am­fi­te­a­ter en half­vol­tooi­de ge­bou­s­truk­tuur op­ge­rig. Na­thi Mt­hethwa, mi­nis­ter van kuns en kul­tuur, het die pro­jek glo stop­ge­sit na­dat ’n ou­di­teurs­fir­ma aan­ge­stel is om be­weer­de on­re­ël­ma­tig­he­de te on­der­soek.

Sun­day Ti­mes het be­rig lui­dens die ou­di­teurs­fir­ma se ver­slag is kon­sul­tan­te tot 200% meer as die norm be­taal. Lui­dens die ver­slag voor­spel die O­n­af­hank­li­ke Ont­wik­ke­lings­trust glo dat die pro­jek tot R1 mil­jard sal kos as sa­ke soos nou voort­gaan.

Dr. Al­len Groot­boom, DA-LP, het in ’n ver­kla­ring ge­sê die ver­slag van Go­bo­do Fo­ren­sic In­ves­ti­ga­ti­ve Ac­coun­ting, waar­op die be­we­rings ge­grond is, is “baie erns­tig” en dit moet ten vol­le on­der­soek word om moont­li­ke kor­rup­sie bloot te lê.

“An­ders as met N­kand­la het ons dié keer die mag om te ver­se­ker dat geen sent meer be­stee word op ma­nie­re wat nie aan wet­ge­wing vol­doen nie,” het Groot­boom ge­sê. ) Die DA sê hy gaan die ou­di­teur­ge­ne­raal (OG) vra om te on­der­soek waar­om P­hi­la­ni Ma­vund­la, ’n kon­struk­sie­mag­naat, glo ’n R81 mil­joen­voor­skot be­taal is vir ’n ten­der. Ma­vund­la het vroe­ër aan­ge­bied om Zu­ma se N­kand­la-skuld te be­taal.

Ci­ty P­ress het gis­ter be­rig Ma­vund­la het ’n R1 mil­jard-ten­der van die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie ge­kry om ’n suur­myn­wa­ter­drei­ne­rings­aan­leg in S­prings op te rig. Le­on Bas­son, DA-LP, het ge­sê baie maat­skap­pye wat ten­ders kry, het nie ka­pi­taal nie, maar in dié ge­val is die be­guns­tig­de ’n “wil­de, wel­ge­stel­de pel van Zu­ma” wat nie ’n voor­skot no­dig het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.