Raak be­trok­ke by Beeld en wys ons jou wê­reld

Beeld - - Nuus -

Beeld is op soek na fo­to’s wat die wê­reld van sy le­sers uit­beeld.

“Ons wil graag ons le­sers nooi om be­trok­ke te raak by die koe­rant en bur­ger­li­ke fo­to­joer­na­lis­te te wees,” sê Bar­nard Beuk­man, Beeld se re­dak­teur.

Wys Beeld wat in jou wê­reld aan­gaan. Dit kan swak diens­le­we­ring wees, ie­mand wat ’n ver­skil in jou ge­meen­skap maak, of selfs ’n to­neel wat jy mooi of in­te­res­sant ge­vind het.

’n Kon­tant­prys van R500 gaan maan­de­liks aan die bes­te fo­to toe­ge­ken word.

S­tuur jou fo­to só:

S­tuur al­le fo­to’s na nuus@beeld.com. Skryf in die on­der­werp­veld: Beeld: My Wê­reld.

Fo­to’s moet gro­ter as 1 MB wees en in ’n j­peg-for­maat ge­stuur word. Gee ons ’n kort be­skry­wing van waar die fo­to ge­neem is en wat die sto­rie ag­ter die fo­to is. Ver­skaf ook die fo­to­graaf se vol­le naam en be­son­der­he­de.

Let wel:

Nie al­le fo­to’s word ge­plaas nie. Fo­to’s sal eers deur ’n re­dak­si­o­ne­le keu­rings­pro­ses gaan. Beeld be­hou die reg voor om fo­to’s te pu­bli­seer en/of om die fo­to en die by­gaan­de ko­pie te re­di­geer.

Ko­pie­reg word deur die fo­to­graaf be­hou, maar as jy jou fo­to in­stuur, stem jy in dat Beeld die fo­to op sy web­werf, Net­werk24, in so­si­a­le me­dia, in ons nuus­brief en in die koe­rant se sus­ter­pu­bli­ka­sies mag pu­bli­seer.

Re­spek­teer ko­pie­reg. S­tuur slegs fo­to’s wat jy ge­neem of het en wat jy ge­mag­tig is om te ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.