Fat­man en Sam dring deur

Kurt se ‘Kap­tein’ word bal­la­de

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Sa­man­tha Le­o­nard van Ka­ren Zoid se span en Fat­man Brum­mer van Kahn Mor­bee se span het na die fi­na­le agt plek­ke op The Voice SA deur­ge­dring.

Hul­le was hul on­der­skeie af­rig­ter se keu­se om di­rek na die vol­gen­de ron­de deur te dring.

Fat­man, wat die vol­gen­de Frank Si­na­tra of El­vis P­res­ley wil wees, het die ge­hoor am­per in tra­ne ge­had met sy bal­la­de-weer­ga­we van Kurt Dar­ren se “Kap­tein”.

Af­rig­ter Bob­by van Jaars­veld het net goeie goed oor Brum­mer se op­tre­de te sê ge­had. “Jy het dit reg­ge­kry om ’n

up-tem­po lied­jie te vat en dit ’n po­wer bal­lad te maak.

“Jy het al­mal se hart­sna­re ge­roer,” het Van Jaars­veld ge­sê. Zoid was vol lof oor Brum­mer se op­tre­de.

“Jy het vir ’n slag die hans­wors­mas­ker af­ge­haal en ek kon jou wa­re kleu­re sien. Jy het my hart ge­steel.

“Jy het die lied­jie jou­ne ge­maak en ge­stuur, soos ’n reg­te kap­tein,” het sy ge­sê.

Mor­bee het sy keu­se om Fat­man deur te sit as ’n harts­be­sluit be­skryf.

“Dit is moei­lik, want ek stap al ’n lang pad met al die ta­lent in my span, maar my hart sê Fat­man moet deur­dring.”

Vol­ge­lin­ge op T­wit­ter het ook in ’n aan­lyn pei­ling sy op­tre­de as die bes­te van die aand ge­kies.

Sa­man­tha Le­o­nard het met haar weer­ga­we van En­ri­que Ig­le­si­as se “He­ro” her­haal­de­lik na haar pa in die ge­hoor ge­kyk.

Van Jaars­veld het ge­sê Leo- nard het al­mal in die ge­hoor se a­sem weg­ge­slaan met haar hoë no­te.

“Boon­op is jy nog A­fri­kaans!” het Van Jaars­veld ge­sê.

Zoid meen Le­o­nard kan op e­ni­ge ver­hoog in Suid-A­fri­ka op­tree.

“Die kom­pe­ti­sie gaan oor meer as net ’n stem. Jy is ie­mand wat ge­wys het dat hul­le die durf het om ’n suk­ses­vol­le loop­baan in mu­siek te maak,” het sy ge­sê.

Die pu­bliek moet nou be­paal wie dring deur in die vol­gen­de reg­streek­se ron­des.

Hul­le kan via SMS en op apps soos WeC­hat vir hul guns­te­ling-san­ger uit Mor­bee en Zoid se groe­pe stem.

In vol­gen­de week se reg­streek­se e­pi­so­de sal af­rig­ters Li­ra en Van Jaars­veld se span­ne vir ’n plek in die eind­ron­de deel­neem.

Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

Fat­man Brum­mer sing “Kap­tein” van Kurt Dar­ren.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.