Me­la­nia luis­ter na kle­re­re­ëls

Beeld - - Nuus - – AP

Me­la­nia Trump het haar gro­ten­deels on­der­werp aan die streng kle­re­re­ëls vir vroue in Sa­oe­di-Ara­bië, waar­heen sy haar man, pres. Do­nald Trump, ver­ge­sel het.

Sy was kon­ser­wa­tief ge­klee in ’n lang­mou­rok en lang­broek in swart en goud, maar iets het ma­keer: ’n kop­serp.

Haar lan­ge­ri­ge bruin ha­re het in die wind ge­wap­per toe sy op die Ko­ning K­ha­lid-lug­ha­we in Ri­aad, Sa­oe­di-Ara­bië, uit Air For­ce One, die pre­si­den­si­ë­le Boeing, klim.

In Sa­oe­di-Ara­bië, ’n Mos­lem­land, dra vroue ’n swart los­pas­sen­de jurk en ’n slui­er wat hul ha­re en hul he­le of ’n deel van hul ge­sig be­dek.

Dit is nie ’n ver­eis­te dat We­ster­se vroue hul ha­re of ge- sig be­dek nie. I­van­ka Trump, die pre­si­dent se dog­ter, het ook nie ’n kop­serp ge­dra nie.

Vroe­ër van­jaar het T­he­re­sa May, B­rit­se pre­mier, en die Duit­se bond­skan­se­lier, dr. An­ge­la Mer­kel, dit ook nie ge­doen nie.

Me­la­nia se voor­gan­ge Mi­chel­le O­ba­ma was ook son­der ’n slui­er toe sy en oud­pres. Ba­rack O­ba­ma in 2015 in Sa­oe­di-Ara­bië was.

Trump het haar des­tyds daar­oor ge­kri­ti­seer.

Sa­oe­di-Ara­bië is die eer­ste land op die A­me­ri­kaan­se pre­si­dent se uit­ge­brei­de bui­te­land­se toer.

Me­la­nia gaan ook saam na Is­rael, I­ta­lië en Bel­gië.

Hul­le keer ein­de vol­gen­de week te­rug.

Fo­to: AP

Pres. Do­nald Trump en sy vrou, Me­la­nia, kom in Sa­oe­di­Ara­bië aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.