Brood­win­ner (16) ge­dood toe hy ver­by pro­tes stap

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling Ren­eil­we Dhludhlu

en

Die 16-ja­ri­ge seun wat by ’n be­to­ging in Sak­hi­le by S­tan­der­ton, M­pu­ma­lan­ga, dood­ge­skiet is, was sy ge­sin se brood­win­ner.

Ts­he­po Du­be van Si­men­de­ni in Sak­hi­le is dood­ge­skiet 20 mi­nu­te na­dat hy Vry­dag by sy groot­ou­ers se huis weg is op pad werk toe.

Hy is glo deur skerp am­mu­ni­sie ge­tref.

Vol­gens sy oom, Sip­ho Du­be, was Ts­he­po nie by die be­to­ging be­trok­ke nie, maar het net daar ver­by ge­loop toe hy in die ag­ter- kop ge­skiet is. Ts­he­po het by Pick n Pay en S­par klan­te se trol­lies krui­de­niers­wa­re na hul mo­tor of die tax­istaan­plek ge­stoot vir geld. Al­bei sy ou­ers is dood. “Hy was nie eens ’n ki­lo­me­ter van sy groot­ou­ers se huis af nie,” sê Sip­ho.

Vol­gens hom het be­to­gers die seun na die hos­pi­taal ge­haas.

“Maar hy het dit nie ge­maak nie. Teen die tyd dat hy daar aan­ge­kom het, was hy stil.”

Sers. Ge­or­ge Dhla­mi­ni, po­li­sie­woord­voer­der, sê Ts­he­po is om­streeks 12:00 in die S­tan­der­ton-hos­pi­taal dood.

’n Klag van moord is teen die po­li­sie aan­han­gig ge­maak.

Hul­le het glo op die be­to­gers los­ge­brand.

Die oom sê Ts­he­po se dood is bit­ter hart­seer, want sy broers­kind het sy le­we pro­beer re­guk.

Vol­gens hom was Ts­he­po des­tyds “’n stou­te kind” wat die s­kool ver­laat het, maar hy het al­les in sy ver­moë ge­doen om weer op die reg­te pad te kom.

“Ons is diep seer­ge­maak,” sê die oom.

“Dit is waar wat hul­le sê . . . As jy na­by die dood kom, maak jy din­ge reg en dit is wat hy ge­doen het.

“Dit sou min­der seer ge­wees het as hy deel van die be­to­ging was.

“Dan sou ons ge­vra het wat ’n 16-ja­ri­ge daar ge­maak het.”

Hy sê Ts­he­po se dood het sy ou­ma, T­ho­ko Du­be (65), die swaar­ste ge­tref.

Sy het die eer­ste op­roep ont­vang dat haar klein­seun ge­skiet is en moes Sa­ter­dag vir skok be­han­del word.

Sy ou­pa, Bu­ti Ma­ba­so, sit se­dert sy dood al­leen en praat met nie­mand nie.

Ts­he­po het by sy groot­ou­ers ge­woon en vir hul­le ge­sorg na- dat sy ou­ers dood is.

Vol­gens die oom het T­ho­ko en Ma­ba­so staat­ge­maak op hul pen­si­oen en Ts­he­po se lo­ne.

“Hul­le het ge­suk­kel om kop bo wa­ter te hou.”

Sy pa, Din­ga­ne Du­be, is twee jaar ge­le­de in sy slaap dood en sy ma, Sa­rah Ja­cobs, is vier jaar ge­le­de oor­le­de.

Ts­he­po het nie broers of sus­ters ge­had nie.

Mo­ses Dla­mi­ni, woord­voer­der van die o­n­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek­di­rek­to­raat (O­pod), sê ’n lid van die pu­bliek het Sa­ter­dag koe­ël­dop­pies wat Vry­dag op die to­neel ge­vind is, in­ge­dien.

Bal­lis­tie­se toet­se gaan ge­doen word om te be­paal of dit skerp am­mu­ni­sie was.

“Nog ses slag­of­fers het ver­skeie skiet­won­de op­ge­doen,” sê Dla­mi­ni.

Vol­gens hom het po­li­sie­le­de na be­we­ring op die be­to­gers los­ge­brand na­dat hul­le met klip­pe ge­gooi is.

Le­de van die po­li­sie se on­lus­te-een­heid is ont­plooi om an­der po­li­sie­le­de by te staan.

Die an­der slag­of­fers, wat ook in die S­tan­der­ton-hos­pi­taal be­han­del is, het Vry­dag en Sa­ter­dag be­ë­dig­de ver­kla­rings af­ge­lê.

Ts­he­po Du­be as jong seun. Dit is die e­nig­ste fo­to wat sy groot­ou­ers van hom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.