Do­nald sleep vlerk in Golf­lan­de

Beeld - - Nuus - – Reuters

Pres. Do­nald Trump van A­me­ri­ka het die Ara­bies-Isla­mi­tie­se en A­me­ri­kaan­se spits­be­raad gis­ter in Sa­oe­di-Ara­bië toe­ge­spreek en on­der meer ge­vra dat al­le Mos­lems saam­staan teen die be­drei­ging wat Isla­mi­tie­se mi­li­tan­te in­hou.

Dit word be­skou as ’n po­ging van Trump om ver­hou­dings met die Mos­lem­wê­reld te ver­be­ter na­dat hy Mos­lems ge­reeld aan­ge­val het in sy ver­kie­sings­veld­tog ver­le­de jaar en toe, na­dat hy pre­si­dent ge­word het, pro­beer het om hul­le met ’n reis­ver­bod uit Ame- ri­ka te hou.

Trump het gis­ter al in­di­vi­du­eel met ver­skeie Ara­bie­se lei­ers ver­ga­der.

Hy het glo aan sjeik Ta­mim Bin Ha­mad, Ka­tar se e­mir, ge­sê hul­le gaan praat oor “som­mer baie prag­ti­ge mi­li­tê­re toe­rus­ting, want nie­mand maak dit soos A­me­ri­ka nie”.

Hy het aan pres. Ab­del Fat­tah al-Si­si van E­gip­te ge­sê hy “doen uit­ste­ken­de werk in moei­li­ke om­stan­dig­he­de”.

Aan ko­ning Ha­mad bin Isa al-K­ha­li­fa van Bahrein het Trump ge­sê die twee na­sies het baie met me­kaar ge­meen ten spy­te van die span­ning in die ver­le­de.

“Daar gaan nie span­ning met hier­die ad­mi­nis­tra­sie wees nie,” het Trump ge­sê.

Trump sal na ver­wag­ting ook ’n sit­ting van die ses na­sies van die Golf-sa­me­wer­kings­raad aan­vra as deel van po­gings om Iran met ’n Na­vo­ti­pe Ara­bie­se mag teen te staan.

Die lei­ers, saam met Trump, gaan ook ’n sen­trum stig om die ter­reur­groep I­sis se ver­moë te be­perk om sy bood­skap wê­reld­wyd te ver­sprei.

Trump is aan die be­gin van ’n ne­ge dae lan­ge be­soek aan die Mid­de-Oos­te en Eu­ro­pa.

Fo­to: REUTERS

Pres. Do­nald Trump en sy vrou, Me­la­nia, by ko­ning Sal­man bin Ab­doe­la­ziz al­Sa­oed van Sa­oe­di­Ara­bië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.