Piet Byl ‘ge­mak­lik ge­hou’

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Piet By­le­veld se sus­ter, E­li­ze Swart, het gis­ter­aand weer be­klem­toon dat dit “glad nie goed gaan” met haar broer nie.

“Ons pro­beer co­pe, maar dit gaan glad nie goed nie,” het Swart net ná 20:00 ge­sê.

Die baas­speur­der word tans “ge­mak­lik ge­hou” in die Wil­ge­heu­wel-hos­pi­taal in Roo­de­poort, “maar daar is niks ver­der wat die dok­ters vir hom kan doen nie”, vol­gens sy vrou E­li­ze, se dog­ter Vir­na­li­ze Welt­ha­gen.

By­le­veld (67) is Dins­dag­aand laat in die hos­pi­taal op­ge­neem. Fa­se 4-long­kan­ker is op 10 Maart by hom ge­di­ag­no­seer.

Daar is ook ’n groot ge­was in sy le­wer, wat na sy by­nier en rug­graat ver­sprei het, be­rig Rap­port. By­le­veld het in 2010, ná ’n loop­baan van 38 jaar in die po­li­sie, uit­ge­tree.

Van die on­der­soe­ke waar­by die baas­speur­der be­trok­ke was, sluit in dié na die ver­moor­de Leigh Mat­thews, Si­bil­le Zan­ner en S­hel­de­an Hu­man, as­ook die reeks­moor­de­naars Ce­dric Maake en La­za­rus Ma­zin­ga­ne, die Nas­rec-moor­de­naar.

Hy en E­li­ze is af­ge­tree. Hul pri­va­te speur­maat­skap­py het ver­le­de jaar sy deu­re ge­sluit.

Fo­to: ELIZABETH SEJAKE

Baas­speur­der Piet By­le­veld, ure voor­dat hy ver­le­de Dins­dag weer hos­pi­taal toe ge­neem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.