Tal­le skenk vir sko­lier se o­pe­ra­sie

Ou­ers kan nie be­taal vir die chi­rur­gie

Beeld - - Nuus - Elai­ne S­wa­ne­poel

Ja­co Tro­s­kie van Uny­a­ti Dis­tin­guis­hed Wild­li­fe in die Noord­Kaap se twee­de wild­vei­ling het ’n om­set van so­wat R32 mil­joen ge­had. Van links is Min­ki van der West­hui­zen, aan­bie­der van Tro­s­kie en sy vrou, R­ho­da­Ma­rié. Dank­sy barm­har­ti­ge Fa­ce­book­Sa­ma­ri­ta­ne kon ’n tie­ner­seun van Brak­pan ’n le­wens­be­lang­ri­ke brein­o­pe­ra­sie on­der­gaan wat sy ou­ers nie kon be­kos­tig nie.

Chris­to Ven­ter (18) se ske­del het ge­kraak en hy het bloe­ding op die brein ge­kry na­dat hy Woens­dag op pad s­kool toe op sy mo­tor­fiets ag­ter­in ’n mo­tor vas­ge­ry het.

“Weens die kraak in sy ske­del het die bloed ge­stol. Dit het ’n klont ver­oor­saak wat drin­gend ver­wy­der moes word,” sê Pe­tro Maar­tens (53), sy ma.

Chris­to is ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Die An­ker in Brak­pan.

Al­bei sy ge­wrig­te is ook ge­breek en hy het ’n frak­tuur in sy ge­sig. Die hos­pi­taal­re­ke­ning sal na ver­wag­ting meer as R1 mil­joen be­loop.

“Ons het nie ’n me­die­se fonds nie en die me­die­se ver­se­ke­ring het net R156 000 uit­be­taal,” sê Maar­tens.

Chris­to se sus­ter Yo­lan­di S­trauss (30) het toe op Fa­ce­book sken­kings ge­vra.

“Die geld het be­gin in­stroom en daar is nou al R275 000 in ons re­ke­ning be­taal.

“Van die men­se het ook geld di­rek in die hos­pi­taal se re­ke­ning be­taal, so ons is nog nie se­ker hoe­veel ons het nie.”

Die Ho­ër­skool Dr. E.G. Jan­sen het R10 000 ge­skenk en ’n paar­tjie van Na­mi­bië R20 000.

“Men­se van selfs Nieu-See­land en Aus­tra­lië het geld ge­skenk. Dis ’n won­der­werk. Die He­re is so goed.”

Chris­to se sus­ter Tes­sa (36) het on­der­neem om ’n paar san­gers te na­der om ’n kon­sert te hou so­dat hul­le die res van die geld kan in­sa­mel.

“Hy is die laat­lam en sy sus­ters sal ber­ge ver­sit vir hom,” sê Maar­tens.

Chris­to is Sa­ter­dag­og­gend in die G­len­wood-hos­pi­taal in Be­no­ni ge­o­pe­reer.

S­trauss sê dit was ’n groot suk­ses en hy moet nou net ’n bie­tjie rus.

Vol­gens haar is daar nog swel­ling op sy brein weens die o­pe­ra­sie, maar die dok­ter het ge­sê hy sal vol­ko­me her­stel.

Hy sal na ver­wag­ting mô­re ’n o­pe­ra­sie aan sy ge­wrig­te on­der­gaan.

Fo­to: DRIES MYBURGH

Boer soek ’n vrou,

Fo­to: FA­CE­BOOK

Chris­to Ven­ter, ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Die An­ker, in die hos­pi­taal met ’n brein­ en ge­wrig­be­se­rings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.