Jong man wat ge­strem is weens bot­sing moet R5,4 m. kry

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Ger­har­dus Jo­han­nes B­rits (28) het ge­dink hy is ont­voer toe hy ná ’n mo­tor­bot­sing in die Po­lo­kwa­ne-hos­pi­taal wak­ker word.

Hy het deur die voor­ruit van die mo­tor ge­trek toe die mo­tor­be­stuur­der ag­ter­in ’n vrag­mo­tor vas­ge­ry het, lui ’n regs­me­die­se ver­slag wat by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­dien het.

B­rits, van Po­lo­kwa­ne, moet so­wat R5,4 mil­joen van die Pa­don­ge­luk­ke­fonds (POF) kry. Hy het R9,2 mil­joen ge­ëis. ’n Ku­ra­tor sien na sy geld­sa­ke om.

B­rits het ver­skeie ge­sig­frak­tu­re, ’n erns­ti­ge brein­be­se­ring en ook ’n nek- en rug­be­se­ring op­ge­doen.

Weens die on­ge­luk het hy smaak­ver­lies, ’n klei­ner eet­lus en hoor moei­lik. Hy het chro­nies rug- en nek­pyn.

Vol­gens een van die ver­slae het hy ná s­kool as duik­klop­per, ma­sjie­no­pe­ra­teur, kroeg­man, skryn­wer­ker, voer­tuig­be­stuur­der en af­le­we­raar ge­werk.

Hy was die aand van 5 Ju­nie 2010 ’n pas­sa­sier in ’n Ma­z­da­bak­kie wat sy vriend Da­le G­rif­fen be­stuur het.

Hul­le was op pad huis toe van die skou­ter­rein in Po­lo­kwa­ne.

B­rits het ná die on­ge­luk ge­hoor hy is bui­te die bak­kie ge­kry, lui ’n regs­me­die­se ver­slag.

Die eer­ste ding wat hy ná die on­ge­luk ont­hou, is toe hy kaal in die waak­een­heid wak­ker ge­word en ge­dink het hy is ont­voer.

Ná so­wat vier dae het hy nie meer ver­ward ge­voel nie en ver­staan hy is in die hos­pi­taal weens ’n on­ge­luk.

Lui­dens hof­stuk­ke is kun­di­ges dit eens dat B­rits se le­wens­ge­hal­te, in­ter­per­soon­li­ke en werk­funk­si­o­ne­ring deur die on­ge­luk be­na­deel is en dat B­rits kog­ni­tie­we in­per­king weens die brein­be­se­ring het.

Vol­gens sy eis­be­son­der­he­de kon B­rits so­wat 14 maan­de ná die on­ge­luk nie werk nie.

Hoe­wel hy on­af­hank­lik kan woon, blyk dit dat hy baie op sy ma se hulp staat­maak, lui die ku­ra­tor se ver­slag.

Sy ge­sig is ge­skend en daar­om het hy nie veel in­ter­ak­sie met an­der men­se nie.

Hy kan nie be­hoor­lik loop of drink nie.

“Hy kan die glas in sy elm­boog steeds voel,” lui die ku­ra­tor se ver­slag.

Die hof het die POF be­veel om R5 426 659 aan B­rits se pro­ku­reurs oor te be­taal.

Die POF moet ook on­der­neem om 100% te be­taal van B­rits se toe­koms­ti­ge ver­blyf in ’n hos­pi­taal of ver­pleeg­te­huis as hy be­han­de­ling moet kry weens die on­ge­luk.

Vol­gens B­rits se eis­be­son­der­he­de is die on­ge­luk deur G­rif­fen se na­la­tig­heid ver­oor­saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.