Buf­fel be­haal R3,8 m. op vei­ling

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

’n Buf­fel­bul is Sa­ter­dag vir R3,8 mil­joen op ’n wild­vei­ling in die Noord-Kaap ver­koop. Dit was die mees­te wat op dié vei­ling vir ’n dier be­taal is.

Dit was die twee­de wild­vei­ling wat die wild­boer Ja­co Tro­s­kie op sy spog­plaas, Uny­a­ti Dis­tin­guis­hed Wild­li­fe, aan­ge­bied het. Een van sy buf­fel- ver­se is vir R1,7 mil­joen ver­koop en die vei­ling se to­ta­le om­set was so­wat R32 mil­joen.

Die mees­te die­re was Tro­s­kie s’n en die res het aan Neil Rex van die New Wy­com­be­wild­plaas in Lim­po­po en Paul Neeth­ling van die Lang­berg­wild­plaas in die Noord-Kaap be­hoort.

“Daar was am­per 100 lot­te wild,” sê Brandon Leer, die af­sla­er.

Hy meen met die e­ko­no­mie­se kli­maat in ag ge­neem was die pry­se mark­ver­want. Van die wild is vir meer as die mark­prys ver­koop.

Tro­s­kie sê dit is ’n be­wys dat top­ge­hal­te die­re steeds goeie pry­se kan be­haal.

’n E­land­koei is vir R550 000 ver­koop, ’n buf­fel­koei vir R400 000 en ’n swart­wit­pens vir R450 000.

Een van Tro­s­kie se buf­fel­bul­le is ná die vei­ling vir R750 000 ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.