Chris­ten­skap in die re­ge­ring

Beeld - - Kommentaar - Prof. Fro­ne­man is ver­bon­de aan die Noord­wes­U­ni­ver­si­teit. Jo­han­nes Fro­ne­man

Toe ons des­tyds nog bit­ter min van Nel­son Man­de­la ge­weet het, is die vraag ge­vra of hy ’n Chris­ten is. Hy was im­mers be­stem om ons pre­si­dent te word, en men­se het te mid­de van bran­den­de towns­hips en vre­se oor die toe­koms ge­meen ons ge­meen­skap­li­ke ge­loof sou da­rem help.

Ek het des­tyds ge­glo dat Man­de­la se ge­loof nie so­seer be­lang­rik was nie. Wel of hy ’n goeie, veel­ras­si­ge, de­mo­kra­tie­se re­ge­ring sou lei – en 30 jaar la­ter meen ek dit is steeds die ge­val.

Ons het nie so­seer meer Chris­te­ne in die re­ge­ring no­dig nie, maar meer be­kwa­me men­se wat die ba­sie­se waar­des van eer­lik­heid en toe­wy­ding paar met be­kwaam­heid. Al­les na­tuur­lik bin­ne die raam­werk van ons hui­di­ge Grond­wet, iets wat ons nie in die 1980’s ge­had het nie.

Wat ons wel des­tyds ge­had het, was ’n no­mi­naal Chris­te­li­ke re­ge­ring wat ’n on­reg­ver­di­ge be­stel in stand ge­hou het. Trou­ens, vrees­li­ke din­ge is hier en el­ders in die naam van goeie Chris­ten­skap ge­pleeg. So, kom ons be­weeg aan.

Ons hui­di­ge Grond­wet maak bui­ten­dien nie voor­sie­ning vir ’n “Chris­te- li­ke re­ge­ring” nie.

Waar­voor die Grond­wet wel voor­sie­ning maak, is ’n re­ge­ring ge­bou op u­ni­ver­se­le waar­des wat deur men­se van al­le ge­lo­we on­der­skryf kan word. Dit be­te­ken nie dat al­le wet­te wat aan­vaar word deur al­mal on­der­skryf word nie, maar dat die ba­sie­se be­gin­sels breed­weg vir al­mal aan­vaar­baar is.

O­proe­pe wat men­se van an­der ge­lo­we (of geen for­me­le ge­loof) uit­sluit, is dus ge­vaar­lik en grens aan haat­spraak. Dit im­pli­seer dat net Chris­te­ne die land goed en reg­ver­dig kan re­geer.

My waar­ne­ming is dat baie Chris­te­ne juis on­ge­skik is vir ’n po­si­sie in die re­ge­ring om­dat hul­le nie ruim van hart is nie. Ek sou wel ’n goeie aan­tal Chris­te­ne daar wou sien, soos op al­le vlak­ke van re­ge­ring die ge­val is.

So was die ANC-lei­ers­korps in die stads­raad waar ek ge­dien het op die oog af Chris­te­ne. Of be­ter ge­stel: Hul­le het deur­gaans o­pe­ning met ’n Chris­te­li­ke ge­bed on­der­steun en al­tyd die in­druk ge­wek dat hul­le ge­lo­wi­ge men­se is. Maar dit het nie ver­hin­der dat sleg­te be­slui­te ge­neem en treu­ri­ge diens­le­we­ring ver­duur is nie.

Chris­ten­skap waar­borg dui­de­lik nie goeie re­ge­ring nie. In po­li­tie­ke kon­teks is die vraag dus nie so­seer wat jou ge­loof is nie, maar die waar­des wat jy uit­leef. Dit is juis hier waar Man­de­la uit­ge­blink het. Hy was nie per­fek nie, maar het sy waar­des op ’n uit­ne­men­de wy­se uit­ge­leef.

Ver­le­de jaar ver­skyn daar toe ’n boek, The S­pi­ri­tu­al Man­de­la deur Den­nis Cruy­wa­gen, waar­in in­sig­ge­wen­de lig op Man­de­la se ge­loof en spi­ri­tu­a­li­teit ge­gooi word. Cruy­wa­gen skryf oor­tui­gend oor Man­de­la se le­wens­lan­ge be­hoef­te aan gees­te­li­ke lei­ding en ge­sprek­ke.

En hoe­wel hy ’n be­son­der pri­va­te mens oor sy ge­loof was en dit nooit aan die groot klok ge­hang het nie, was hy end­uit ’n Me­to­dis. Sy be­graf­nis is ook deur ’n Me­to­dis­te­le­raar ge­lei, soos deur hom ver­soek.

Tot­dat die teen­deel be­wys word, dink ek moet ons Cruy­wa­gen se goed na­ge­vors­te ge­volg­trek­kings as gel­dig be­skou. Let wel, ek dink nie Cruy­wa­gen (of e­ni­ge van ons) kan ’n oor­deel oor Man­de­la (of e­nig­ie­mand an­ders) se hart vel nie. Maar op die vlak wat ons as men­se wel kan peil, is dit dui­de­lik: Man­de­la was ’n Chris­ten.

Het dit hom die be­son­de­re lei­er ge­maak wat hy was? Ek glo graag dat dit baie daar­toe by­ge­dra het. Maar daar was ook an­der in­vloe­de.

Sou dit blyk dat hy in­der­daad nie ’n Chris­ten was nie, sou dit eg­ter nie die be­te­ke­nis van sy e­nor­me ver­soe­nings­rol ver­min­der nie. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.