Wat sê jy? S­tuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Kommentaar - – Trans­net­we­du­wee, P­re­to­ria

SMS’e kos R1,50

Sa­ter­dag­Beeld: Die koe­rant is keu­rig ver­sorg, met ’n vol­le­di­ge be­rig oor die S­tor­mers­wed­stryd, waar­van die eind­fluit­jie nog in my ore eg­go! Dan­kie, re­dak­sie, druk­kers, ver­sprei­ders en af­le­we­raars. – T­wak­kies

Daar was Vry­dag ’n groot voor­val op die R21. Ek het ge­hoop daar sal in­lig­ting in Sa­ter­dag se Beeld wees, maar ver­geefs. – Se­al

Die Bul­le se rug­by het nou ook rom­mel­sta­tus. Dan­kie aan Ba­rend van Graan en Nol­lis Ma­rais. – Ge­we­se on­der­steu­ner

Waar­om word die Bul­le met vier we­ke ge­straf vir on­ge­oor­loof­de spel en S­tor­mers net met straf­skop­pe vir er­ger oor­tre­dings? – Ar­bie­ter Je­an­Luc du P­reez, jou ys­ter! Trou met my as­se­blief! – Tin­kie de Beer, Potch Die C­hee­tahs hoort nie in e­ni­ge in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie nie. – Loui Slot­te be­hoort die e­nig­ste S­pring­bok­ke in die S­tor­mers se span te wees. – Ben van Mul­ders­drift

Ek dink reg­tig dat Han­dré Pol­lard en Pat Lam­bie dit erns­tig moet oor­weeg om ter wil­le van hul ge­sond­heid uit be­roeps­rug­by te tree. Werk­lik, hul­le het net nie meer daar­die X­fak­tor nie. – C­pot Op­ge­let hoe an­ders die Nieu­See­land­se spe­lers ver­de­dig as Suid­A­fri­ka s’n? Ons arms is nie oop/los om die bal op ’n kort af­stand aan die in­sny­spe­ler uit te gee nie. Duik om die en­kels is nie al­tyd doel­tref­fend nie. Dit maak ons baie kwes­baar. – Koos, Die Oog Ou­pa Mo­ho­jé kon nie duik­slae uit­voer nie om­dat sy rug­by­broe­kie te knap is. Kan af­rig­ters dit nie eens raak­sien nie?! – Gert, Mid­del­burg Bou­wer Bosh vir pre­si­dent: Hy gee a­part­heid ná 23 jaar nog die skuld. – Ed­die Bosch, ek skuld nie­mand ’n ver­sko­ning vir die ver­le­de nie! S­koen­ma­ker, hou jou by jou lees! – SDJ, P­re­to­ria Bou­wer, hoe lank gaan jy en an­der die skuld vir van­dag se cha­os op die ver­le­de pak? Word groot. Zu­ma sal jou nie ’n me­dal­je gee nie! – Sa­rie, Vil­lie­ria Ek wil graag vir Bou­wer Bosch vra of hy weet wat Din­gaan ge­doen het aan die Boe­re wat ge­kom het om oor grond te on­der­han­del? – Me­riet Bou­wer Bosch, en toe sien P­hin­di­le Dla­mi­ni som­mer deur jou op­por­tu­nis­tie­se re­kla­me­soe­ke: “Dit is nie jou plek om jam­mer te sê nie.” Gaan vra oom Max waar bring ’n gat­kruip­hou­ding jou uit: Nê­rens! Ag nee sies, man! – An­dré Dan­kie, Bou­wer Bosch, jy ver­woord iets wat my al lank­al pla prag­tig. Jou ver­sko­ning vra vir a­part­heid is die eer­ste een waar­van ek weet. Jy is re­a­lis­ties, eer­lik, baie dap­per en ver­dien re­spek. Ek weet eg­ter jou wit vol­kie gaan jou ste­nig soos hul­le des­tyds met Bey­ers Nau­dé ge­doen het toe hy hom uit­ge­spreek teen a­part­heid. Moe­nie wor­rie oor S­te­ve nie, ook hy sal la­ter soos net ’n vae her­in­ne­ring wees, soos an­der voor hom. – Ge­or­gi­ne, Eer­ste­rust Kan ie­mand my sê wie Bou­wer Bosch is? – An­dré Mey­er, P­re­to­ria

Weet men­se in hier­die mo­der­ne eeu nie hoe om ’n straat vei­lig oor te steek nie? Dis soms skrik­wek­kend hoe­veel voet­gan­gers, oud en jonk, wit en swart, bont­loop son­der om eers links of regs te kyk. Dié wat hul dan skie­lik in die hier­na­maals be­vind, weet na­tuur­lik ook nie hoe­kom hul­le daar is of wat hul­le ge­tref het nie. – Hans Re­tief, P­re­to­ria

Ek stem 100% saam met A­dri­aan Roets van Kru­gers­dorp (19.5). Ek hoop ook dat hier­die sek­sis­tie­se, chau­vi­nis­tie­se man­stu­den­te da­de­lik ge­skors word. Toe ek in die ja­re 70’s, 80’s en daar­na by ’n groot ko­ö­pe­ra­sie ge­werk het, is die sek­sis­tie­se be­spre­king van vroue on­der die man­li­ke werk­ne­mers as nor­maal be­skou. Die vol­gen­de woor­de om vroue te de­fi­ni­eer, is ge­bruik: Tang, tert, skêr, ens. Dit het vir my as vrou ge­walg, maar om my werk te hou, moes ek geen kom­men­taar daar­op le­wer nie. Die mees­te van die mans was ge­troud en het die ge­sprek­ke ter­deë ge­niet. – Le­ser Ver­le­de Son­dag was Moe­ders­dag. Ek won­der waar die moe­ders mis­luk het so­dat hul seuns, selfs net in ’n “grap”, sul­ke vark­si­ge, de­gra­de­ren­de slag­spreu­ke neer­skryf! Die toe­koms­ti­ge “lei­ers” daal maar laag. – G­ret­tie, P­re­to­ria U voor­blad­be­rig oor UP­plak­ka­te (19.05): Daar is nie ’n werk­woord “om af te las” nie; dis “om af te ge­las”. ’n Mens “ge­las” ie­mand om iets te doen, jy “las” hom nie om iets te doen nie! – Tom, On­rus­ri­vier In Beeld se hoof­ar­ti­kel (19.05) word vrae ge­vra oor A­fri­ka­ner­waar­des. Dis rug­by! – Ren­tia Land­man, Lyt­tel­ton Dan­kie, Trans­net, vir my 2%­ver­ho­ging. Dit is R1 te min om die goed­koop­ste brood te koop. – Jan, Kemp­ton Park Ge­rug­te in die koe­rant is dat Trans­net se be­leg­gings nie so goed vaar nie. Mans sterf en vroue kry min­der pen­si­oen. Waar gaan al die geld heen? ’n Jaar te­rug is die ver­ho­ging van 1 A­pril uit­ge­stel tot 1 Ju­lie. Net nóg meer geld in wie se sak­ke? Al­les bly die­self­de vir die we­du­wees. Ek won­der ook net wie oes.

Bou­wer Bosch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.