As hul­le stil raak, raak dit ge­vaar­lik

Beeld - - Kommentaar - Blou­wil­le­maan­dag

As ou­pa met ’n bie­tjie nuut op­ge­doen­de er­va­ring het ek die laas­te tyd weer be­sef dat as ’n am­per twee jaar oue mei­sie­kind­jie stil raak, jy so gou moont­lik moet gaan kyk waar­mee sy be­sig is.

Jy moet weet mei­sie­kin­ders raak nie som­mer stil nie (dit geld na­tuur­lik vir die mees­te tot so op 102) en dan moet jy ook weet teen die tyd dat jy be­sef dat dit da­rem nou te stil is dit waar­skyn­lik ook reeds ge­da­ne sa­ke is.

Ou­ma en mam­ma is ’n uur weg, maar hoe moes ou­pa weet sy kan ’n groot pot Va­se­li­ne al al­leen oop­ge­skroef kry en dan be­sluit om ’n klein lek­sel­tjie aan haar lip­pies te smeer en die res in haar prag­ti­ge goue lok­kies?

En so vin­nig! Die an­der ding wat ek toe die af­ge­lo­pe ses dae ge­leer het, is dat ’n mens nie Va­se­li­ne kan uit­was nie en ook nie vir ou­ma kan oor­tuig dat jy heel­tyd (wel, am­per heel­tyd) na klein Ou­ly­fie ge­kyk het nie.

Nou ja, ’n lang sto­rie om by die punt te kom, naam­lik dat dit nog ge­vaar­li­ker is as Nom­mer Een en on­se Ju­li­as Ma­le­ne­ma een-een stil raak, maar nog ge­vaar­li­ker as hul­le saam stil raak.

Soos Ou­sus een ske­mer­aand daar in die Berg­kwag­ga­park vir my ge­vra het: “Pap­pa, wat is so stil hier?”

Nee my kind, pap­pa weet nie, maar ek won­der of dié twee kar­nal­lies nog van Moe­ders­dag her­stel of waar­mee hul­le twee nou be­sig is?

Dit bly aan my knaag, want as hul­le twee saam gaan kon­kel, is daar nie salf of Va­se­li­ne aan te smeer nie.

Ja, my Kroon, ons sou hoop dat u help vu­re dood­slaan en nie stook of swyg nie.

Het u ge­weet dat vol­gens my plek­naam­boek wat ek o­ral saam­ry Co­li­gny voor 1923 T­reur­fon­tein ge­heet het?

Ja, my Kroon, dink daar­aan. En jy ook, Ju­li­as, be­sluit: vuur­sla­ner of vuur­sto­ker?

Oom John­ny sê hoe meer hy lees oor na­vor­sing, hoe deur­me­kaar­der raak hy.

Die laas­te tyd was daar be­vin­dings dat al­ko­hol van al­le din­ge goed is vir ’n ba­be­las, dat tie­ners spe­le­tjies bo seks ver­kies (ter­loops, is dit nie maar die­self­de ding nie?), dat ’n groot as­te­ro­ïed ons on­der­maan­se met ’n ska­me­le 1,8 mil­joen km ge­mis het en toe vir hom die skok­kend­ste, naam­lik dat jong Suid-A­fri­kaan­se vrou­tjies 12 din­ge in hul le­we bo ka­tel­ka­per­jol­le ver­kies.

“Kan jy jou in­dink dat ons man­ne so treu­rig ge­word het dat die skoon­stes on­der meer werk, sel­fo­ne, die in­ter­net, mo­tors en ge­son­de ha­re bo ons ou grom­be­re in die ka­tel ver­kies,” sug hy kop­skud­dend.

“Maar jy moet weet as ons die dag hoor dat hul­le rug­by­kyk ook bo die ka­tel ver­kies, sal die kwa­de oom­blik aan­ge­breek het dat ons ons wa­pens vry­wil­lig by die po­li­sie sal moet in­dien, met of son­der am­nes­tie!”

Dik Daan las by dat 4 153 237 men­se laas jaar wê­reld­wyd ge­troud is. “Maar jul­le, moet dit nie ’n ge­ly­ke ge­tal wees nie?!”

Hoe moes ou­pa weet sy kan ’n groot pot Va­se­li­ne al al­leen oop­ge­skroef kry . . . ?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.