Ver­ha­le sal toets van tyd deur­staan

Is ’n dank­be­tui­ging en eer­be­to­ning aan Au­camp – op dié ma­nier bly sy kort­ver­ha­le vir ’n jon­ger ge­slag le­sers be­houe, skryf Neil Co­chra­ne.

Beeld - - Boeke -

Kort­ver­ha­le as een van sy bes­tes be­noem.

Elk­een het sy guns­te­lin­ge en ’n an­der sa­me­stel­ler se keu­ses sou waar­skyn­lik van De Lan­ge s’n ver­skil het, hoe­wel dit op­val­lend is dat De Lan­ge tot ’n groot ma­te die­self­de keu­ses as Bo­tha uit­oe­fen. Dit is groot­liks van­self­spre­kend dat ken­ners die­self­de ver­ha­le sal kies, want li­te­rê­re ge­hal­te lei dik­wels tot kon­sen­sus. De Lan­ge het hom goed van ’n moei­li­ke taak ge­kwyt, ver­al as ’n mens Au­camp se om­vang­ry­ke oeu­vre in ag neem.

Dit is jam­mer dat die sa­me­stel­ler nie sy ver­haal­keu­ses be­hoor­lik toe­lig nie. Die flou­e­ri­ge na­woord ver­skaf slegs die pu­bli­ka­sie­ag­ter­grond, maar ver­klap niks oor De Lan­ge se spe­si­fie­ke keu­ses nie. Die ver­haal­se­lek­sie word nie bin­ne oeu­vre­ver­band ge­kon­teks­tu­a­li­seer nie. In dié op­sig is Bo­tha se uit­ste­ken­de in­lei­ding tot In een kraal van gro­ter waar­de.

Ek is nie gaan­de oor die ti­tel van die bloem­le­sing nie. Dit ak­ti­veer Au­camp se keu­se uit sy ver­haal­kuns as ’n soort laas­te skry­wers­daad en speel in op die wals as pro­mi­nen­te mo­tief in sy ver­ha­le. Aan die an­der kant dui dit te veel op be­per­king en te min op ver­rui­ming. Dit sug­ge­reer dat hier­die bloem­le­sing die laas­te en e­nig­ste woord is wat ooit weer oor Au­camp te spreek is. Dik­wels word ’n skry­wer eers ná sy dood her­waar­deer of ont­dek en is dit van le­sers­kant veel eer­der ’n eer­ste tan­go as ’n laas­te wals.

Au­camp kom nie om do­we neu­te tot die ge­volg­trek­king in “Ju­dith in ’n tyd van re­wo­lu­sie” oor die rol van die le­ser nie: “Want jy, die le­ser, het in­tus­sen ook ’n teks ge­word, die jong­ste va­ri­ant in ’n reeks, een wat daag­liks aan­ge­vul en ge­ak­ti­veer word deur ’n sto­rie wat jy dalk nooit wou of moes ge­lees het nie, maar nou on­ver­vreem­baar deel is van jou we­se.”

Die laas­te wals is ver­plig­te lees­stof vir lief­heb­bers van die A­fri­kaan­se kort­ver­haal. As jy iets te we­te wil kom oor on­der­spe­ling, ak­sent­ver­skui­wings, sug­ges­tie en woord­e­ko­no­mie (al­mal we­sens­trek­ke van die kort­ver­haal) is dié ge­se­lek­teer­de ver­ha­le van die bes­te voor­beel­de. Op ’n min­der a­ka­de­mie­se noot is dit bloot vrek lek­ker om jou te ver­lus­tig in Au­camp se mees­ter­li­ke ver­moë om ’n goeie sto­rie te ver­tel.

Dit is goed om te sien dat ver­ha­le op­ge­neem is wat ge­tuig van Au­camp se ver­nuf om ou­to­bi­o­gra­fie­se ge­ge­wens, kuns­te­o­re­tie­se be­sin­nings en ’n es­say­is­tie­se in­slag ver­haal­ma­tig te ont­gin. Goeie voor­beel­de van hier­die soort gen­re­ver­men­ging en sti­lis­tie­se oor­me­kaar­pla­sing is “Die baad­jie son­der ein­de”, “Pad­hip­no­se” en “Ben­ge­len­de py­pe”.

By die her­lees van Au­camp se bes­te ver­ha­le val sy deer­nis met mens­li­ke drif teen swak­he­de weer eens op. Een­saam­heid, ou­der­dom, siek­te en die ont­mas­ke­ring van il­lu­sies is van die be­lang­rik­ste te­mas in die Au­cam­poeu­vre en word goed deur die ge­ko­se ver­ha­le be­lig.

“Op moed­ver­loor se plei­ne” is by­voor­beeld ’n skrei­en­de ver­haal oor die ver­ne­de­ren­de en ont­nug­te­ren­de aard van ou­der­dom. Au­camp het deur­lo­pend ’n te­ma­tie­se be­moei­e­nis met ou­der­dom ge­had en bied van die mees in­sig­ry­ke li­te­rê­re per­spek­tie­we hier­op in ver­ha­le soos “Die Ca­le­don­ner” en “Die be­ne­fiet-voor­stel­ling”.

Au­camp skep on­ver­geet­li­ke ka­rak­ters wat dik­wels bui­te die nor­me van die sa­me­le­wing staan. Dink maar aan S­te­ven in “S­te­ven en Fay”, F­red­die M­cTa­vish in “Vir vier stem­me” en tant G­rie­tjie in “Die laas­te huis­ge­rief”, om ’n paar te noem. Au­camp se on­sen­ti­men­te­le dog me­de­mens­li­ke te­ke­ning van hoe­re, swer­wers en kuns­te­naars is een van die as­pek­te van sy werk wat my steeds die mees­te aan­trek.

Oor die ge­hal­te van die ver­ha­le is nie veel meer te sê nie, be­hal­we dat hul­le die toets van die tyd sal deur­staan. Au­camp se groot­ste ge­skenk aan die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de is sy wer­ken le­wens­in­ge­steld­heid wat baie mooi deur Ge­or­ge Wei­de­man ter vie­ring van Au­camp se se­wen­tig­ste ver­jaars­dag ver­woord is: “En dis dan nóg ’n fa­set van Hen­nie Au­camp waar­oor ’n mens nie ge­noeg kan sê nie: sy on­baat­sug­ti­ge diens aan me­de­skry­wers, aan le­sers; sy ver­moë om boe­ke raak te sien en aan te be­veel wat jou oor skryf en die le­we, oor kuns en kul­tuur, oor kul­tuur en na­tuur, oor oer­din­ge en ver­vlie­ten­de din­ge aan die dink moet sit.” ) Neil Co­chra­ne do­seer A­fri­kaan­se let­ter­kun­de aan U­ni­sa.

Fo­to: PHILIP DE VOS

Hen­nie Au­camp so­wat 30 jaar ge­le­de in S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.