Po­ë­tie­se kleed van die |xam­ver­ha­le­skat hier op­ge­te­ken

Beeld - - Boeke -

Nie­fik­sie

Die man wat die wind ver­vloek het José Ma­nu­el de Pra­da­Sam­per (red.) AFRICAN SUN P­RESS (in sa­me­wer­king met die Cen­t­re for African S­tu­dies, UCT)

In 1847 het die Kaap­se re­ge­ring die ko­lo­nie se grens noord­waarts uit­ge­skuif Ga­riep­ri­vier toe. So is die stuk Ka­roo wat Boes­man­land sou heet, ge­an­nek­seer. Maar dié naam is van die i­ro­nie deur­drenk. Vir die eer­ste Suid-A­fri­ka­ners was dit geen hei­mat nie.

Vir die trek­boe­re was hul­le ’n steen des aan­stoots. S­kaap­die­we­ry en on­be­grip was ’n ge­vaar­li­ke meng­sel; gou is op húl­le jag ge­maak. ’n Slag­ting van die |xam­volk in die drie­hoek tus­sen Cal­vi­nia, Car­nar­von en Ken­hardt was on­af­wend­baar.

Van die oor­le­wen­des is baie ge­van­ge ge­neem en Kaap­stad – B­reek­wa­ter­tronk – toe ge­boen­der.

Dáár het die Duit­se taal­man Wil­helm B­leek en sy En­gel­se skoon­sus­ter Lu­cy Lloyd hul­le in 1870 te­ë­ge­kom. Een vir een is hul­le na die B­leek-wo­ning in Mo­w­bray ge­neem, waar hul­le ge­por is om hul le­wens­ver­ha­le uit te lap.

So­doen­de het B­leek en Lloyd, ge­stu deur ’n ti­pie­se Vic­to­ri­aan­se ver­sa­mel­lus, in rak­ke vol no­ta­boe­ke die taal, sto­ries en ty­ding van die |xam op­ge­te­ken.

De­ka­des la­ter sou B­leek se dog­ter Dorot­hea die los dra­de van haar pa se ar­beid op­neem deur ter plaat­se veld­werk te doen. Haar som­ber slot­som was dat die |xam se wê­reld so ver­rin­ne­weer is dat hul­le selfs hul sto­ries kwyt is.

Dis juis die drin­gen­de be­wus­wor­ding van ver­lies wat ’n al ster­ker wor­den­de stroom­pie boe­ke uit Boes­man­land se ver­sen­gen­de droog­te wring.

In The Kee­per of the Kumm reik die joer­na­lis Syl­via Vol­len­ho­ven te­rug na haar voor­sa­te, ver­al ||kab­bo, een van B­leek en Lloyd se ver­naam­ste in­for­man­te.

In A Neckla­ce of S­pring­bok Ears ver­sa­mel die let­ter­kun­di­ge He­li­ze van Vuur­en es­says waar­in sy die li­te­rê­re tra­di­sie van die |xam on­der­soek en deur­trek tot die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de van van­dag.

Spe­si­fiek wy sy aan­dag aan die A­fri­kaans­ta­li­ge G.R. von Wiel­ligh, wat self, ná B­leek en Lloyd, in Boes­man­land sto­ries soos klip­pies ver­sa­mel het.

Dis teen dié be­trek­lik in­ge­wik­kel­de ag­ter­grond dat die sjar­man­te boek Die man wat die wind ver­vloek het ge­lees moet word.

Daar­in ver­sa­mel die S­paan­se ken­ner van volks­ver­ha­le José Ma­nu­el de Pra­da-Sam­per – wat soos B­leek en Lloyd geen A­fri­kaans in pag het nie – sto­ries wat hy en sy vrou, die sto­rie­ver­tel­ler He­le­na Cu­es­ta, se­dert 2011 by |xam-na­sa­te op­te­ken.

Va­n­af 2005 on­der­neem hul­le stu­die­toe­re die dor­re streek in om B­leek en Lloyd se ma­te­ri­aal aan fi­sie­se ba­kens vas te knoop.

Dit doen hul­le in die ge­loof dat Dorot­hea B­leek se don­ker prent­jie waar was: Daar is nie meer |xam­sto­ries om vuur­langs aan te hoor of op te te­ken nie.

Gaan­de­weg be­sef De Pra­da-Sam­per dis tog nié so nie. In die ja­re daar­op be­soek hy en Cu­es­ta die ge­bied, saam met ’n aan­tal an­der – tol­ke en kun­di­ges. Hul­le luis­ter, neem op en tran­skri­beer.

Die ge­volg is ’n ver­ha­le­skat wat die een­vou­di­ge dog po­ë­tie­se kleed dra van die taal van die |xam-sto- rie­ver­tel­lers van van­dag.

Voor­in die boek ver­skyn die ver­tel­lers se na­me, kort bio-sket­se en kie­kies. By el­ke ver­haal, die mees­te maar ’n blad of twee lank, staan die da­tum en plek van op­te­ke­ning, wie dáár was en wie die ver­tol­king be­har­tig het.

On­der­aan, in klein skrif, word ver­tel­lings met me­kaar in ver­band ge­bring. As ’n ver­haal ’n an­der ene eg­go wat reeds deur volks­ver­haal­kun­di­ges ’n uit­ken­nings­nom­mer toe­ge­wys is, word dit ver­meld. Ook word daar ge­sê of die sto­rie voor­heen in Eu­ro­pa of el­ders in A­fri­ka op­ge­te­ken is. En langs el­ke blad is daar ’n En­gel­se ver­ta­ling.

Die ver­ha­le word in tien af­de­lings aan­ge­bied: voor­tyd se men­se; ’n lang tyd ge­le­de; in die tyd van die leeus; nie so lank ge­le­de nie; die­re­sto­ries; jak­kals-en-wolf­sto­ries; sto­ries van men­se en die­re; die bo­baas-skelm; die wa­ter­slang; en spook­sto­ries.

Uit dié ti­tels is dit dui­de­lik hoe sterk die sto­ries wat A­fri­kaan­se kin­ders ge­ne­ra­sies lank al by ou­pa-hul­le hoor dalk on­we­tend ’n in­heem­se tra­di­sie voort­sit.

Hoe­wel baie van die ver­ha­le op­per­vlak­kig die te­kens van die on­lang­se ver­le­de toon – en die on­heil­spel­len­de fi­guur van die wit baas dik­wels groot to­ring – is daar iets on­mis­ken­baars oer en mi­ties aan hul­le. Hul­le poog om die le­we se groot vrae met be­hulp van al­le­daag­se din­ge te be­ant­woord en strek on­mis­ken­baar te­rug na ’n tyd toe die veld oop en vrug­baar was, en die groot­ste Kaap­se ge­vaar die see was.

Die mooi­ste van dié fyn af­ge­werk­te blink stand­beeld­jie van ’n boek is dat dit deur die A­fri­kaans van dood­ge­wo­ne sie­le ’n mens se oë oop­maak vir die ma­gie­se krag van sto­ries en sto­rie­ver­tel.

Dís van­dag so waar as wat dit was toe dié ver­ha­le ’n heel an­der, ver­dwe­ne taal ge­praat het. ) Je­an Mei­ring is ’n regs­ge­leer­de van Jo­han­nes­burg.

Haar som­ber slot­som was dat die |xam se wê­reld so ver­in­ne­weer is dat hul­le selfs hul sto­ries kwyt is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.