Lu­na skop gat, laat die skur­ke les op­sê

Beeld - - Boeke -

Fik­sie

Ver­mis Je­a­net­te S­tals LAPA, R230

Ver­mis is die twee­de boek waar­in speur­der-ser­sant Lu­na Jou­bert haar ver­sky­ning maak en sy skop stof in haar kol­le­gas se oë.

Lu­na doen haar werk met die mi­ni­mum dra­ma en die mak­si­mum toe­wy­ding. Meest­al hou sy by die re­ëls en pro­se­du­res van po­li­sie­werk. Vir be­spie­ge­ling is daar nie plek nie en sy pro­beer nie­mand be­ïn­druk nie; sy wil net haar sa­ke op­los.

Die le­ser dink dalk eers dat so ’n speur­der vir ’n ver­ve­li­ge boek gaan sorg, maar S­tals laat die lei­sels met uit­ste­ken­de tyds­be­re­ke­ning los.

Die ak­sie-ont­plof­fings volg kort op me­kaar, want Lu­na laat nie met haar mors nie. Wan­neer ’n si­tu­a­sie vir ge­weld vra, hui­wer sy nie vir ’n oom­blik nie. In­teen­deel, sy es­ka­leer dit, want aan­val bly die bes­te ver­de­di­ging en as jy ’n klein vrou is, moet jy die ver­ras­sings­e­le­ment in jou guns laat tel.

Dis min dat mens ak­sie­to­ne­le uit ’n vrou se oog­punt er­vaar. Of dit nou flieks of boe­ke is, die vrou is byna al­tyd net ’n slag­of­fer. S­tals se an­der­ste aan­slag hier­mee was dus vir my to­ne­krul­lek­ker.

Die sto­rie: ’n 14-ja­ri­ge mei­sie ver­dwyn en die lei­dra­de is maar yl. Hoe lan­ger sy ver­mis bly, hoe skra­ler raak die kans dat sy ooit ge­vind gaan word. Dan gooi Lu­na haar­self in die pad van die boe­we.

Waar die boek bie­tjie vir my plat­val is in die ont­kno­ping van wie ag­ter die ont­voe­ring lê. Son­der om te veel weg te gee: Die mei­sie se ou­ers en hul pro­ble­ma­tie­se ver­hou­ding hou die sleu­tel tot die mis­daad. Die le­ser kry in­sig hier­in deur­dat S­tals die ma se ge­dag­tes met ons deel, maar ek was nie oor­tuig deur die ma se e­mo­sies nie.

Daar is groot ver­lig­ting en lief­de aan die ein­de, maar ek sou wraak en woe­de ook ver­wag het. Sul­ke dra­ma is nou wel nie Lu­na se styl nie, maar S­tals kon haar an­der ka­rak­ters ge­rus ’n bie­tjie rou­er ge­maak het. ) He­len S­chöer is ’n vry­skut­re­sen­sent van Jo­han­nes­burg en re­dak­teur van Ba­ba & K­leu­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.